Onlangs het Praag ‘n beroep op Afrikaners gedoen om Naspers-koerante te boikot. Nou het ‘n Afrikaanse vrou vir Praag in die bek geruk, en blykbaar dit reggekry dat advertensie inkomste van Praag geheel en al weerhou word, en in die proses tot gevolg kan hê dat Praag-webblad weens onvoldoende fundering, toemaak.
‘Dan Roodt praat g’n vir my nie’ – Afrikaanse vrou begin aksie
Rapport - 2013-11-10 00:59 Jana van der Merwe en Pieter Malan
Lyk my wat hy op Naspers verwens het, het lelik in Dan Roodt se gesig ontplof.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco, ek dink daar is raakpunte tussen my en jou politieke standpunte. Ek skat Praag se rol egter nie gering nie. Daar is wesenlike gevare in 'n monopolie by Afrikaanse koerante. Ek vul die nuusdekking in my gedrukte koerant aan deur ook kennis te neem van wat op Praag staan. Albei bronne benader ek krities en by albei vind ek baat.
Johannes Comestor
Dit gaan beroerd in die hierdie land; die plek is in effek 'n mislukte staat. Dan Roodt wys dit uit en gee ook die redes vir die toestand en op die manier skud hy die kassie van die naïewes wat hulle gewig ingegooi het om die huidige gemors te bewerkstellig. Dit maak hierdie destydse aan-die-neus-geleides en goedgelowiges woedend om so ontbloot te word en sal hulle dus hul bes probeer om hom stil te maak. Hoe durf iemand hulle aandag daarop vestig dat die kaal keiser kaal is? A nee a, so'n persoon moet gemuilband word.
Jan Rap
Dankie vir jou wysheid ook hier Johannes Comestor!
Beste Jan Rap, ek wonder ook lank reeds waar die slimjacos' wat kamstig so aan die uitgediende Nasionaliste se AfriForum en Solidariteit hang, hul kruisies trek as die VFPlus en hul ondersteuners - as die enigste AFRIKAANS geregistreerde party in die land - as "regse gekkegrensers" verdag gemaak word ... derhalwe; waar word die ANC en DA geplaas as die VFPlus, kwansuis "regs" is ... reken hierdie kamstige denkendes dat hul Ingelse Black Sash antie Zille en haar ANC maatjies, gematig of selfs "linkse" helde op 'n wit muil kan wees? ... ja, dis gewis tragies om te lees hoe die arme slimjacos' en slimwouties' steeds aan die Britte se ideologiese stelsel "links" en "regs" in die "Nuwe Suide Afrika" se "demokrasie" etiketteer! Boeregroete, Cornelius Henn
Nes jy daar sê Cornelius!
Johannes
Praag het geen verslaggewers nie. Hulle nuus is tweedehands en 'n "re-hash" van ander koerante se nuus. Nuus wat ek op hulle webblad lees, het ek reeds 'n paar dae tevore in oorspronklike vorm in ander koerante gelees. Al wat by hulle uniek is, is die giftige propaganda wat Roodt saai.
Jaco Fourie
Roodt saai geen giftige propaganda, hy wys maar net op die verdraaide nuus wat a.n.c.beheerde media gee
Hahahahaha!!! ... en Jaco Fourie druk hierdie diep in die chutney: "Johannes Praag het geen verslaggewers nie. Hulle nuus is tweedehands en 'n "re-hash" van ander koerante se nuus. Nuus wat ek op hulle webblad lees, het ek reeds 'n paar dae tevore in oorspronklike vorm in ander koerante gelees. Al wat by hulle uniek is, is die giftige propaganda wat Roodt saai. Jaco Fourie" .... hahahahaha ... en wat 'n stukkie formidabele "verslag" daarenteen word toe deur die einste kritikaster Jaco onder hoofde "Afrikaanse vrou ruk Praag in die bek" op LitNet gelewer!!! ... wharghahahahaha!!!
Ek kan nie glo dat daar vandag nog steeds mense is wat nie kan insien in watter gemors die linkse liberaliste en die ANC ons land het nie. Hoe kan mense dit nie verstaan of sien nie? Hoe kan ons ’n positiewe toekoms hier verwag as ons mense nie saamstaan en saamwerk om dit wat dalk nog gered kan word te red nie? Ek kan nie glo dat daar nog steeds blankes is wat so sonder insig is nie.
Gelukkig is daar swart mense wat ook raaksien wat aan die gang is en sal ons saam met hulle skouer-aan-skouer die stryd moet stry teen die linkse liberaliste en kommuniste. Dink net; sowat 50 jaar gelede was SA vooruitstrewend en ’n ontwikkelende land wat erkenning en respek in die wêreld geniet het. Ek praat nie die voormalige apartheid goed nie en erken dat daar in daardie bedeling ook dinge was wat nie reg was nie.
Ongelukkig het die liberalistiese idees wat toegepas is toe glad nie verdere opheffing en vooruitgang bevorder nie; inteendeel. Vandag is dit hoofsaaklik nog steeds die onderdrukte blankes wat die ekonomie aan die gang probeer hou en met belasting die staatskas voorsien van fondse waarvan die meeste steeds deur korrupte leiers gesteel word. Gaan ons land en ons mense ooit weer kan floreer of is dit reeds te laat?
Wie van julle kan onthou hoe die "verligtes" ons "Verkramptes" in die jare tagtig swartgesmeer het en ons beskuldig het van ’n "kommunis agter elke bos"? Snaaks hoe die wiel gedraai het. Hier gaan nog baie paniek en trane vloei voordat die liberaal-gesindes gedwing sal word om te erken dat hulle geensins so "verlig" was nie.