“Die onderwysdepartement sê Engels is die taal van "opwaartse mobiliteit". Dan is daar 'n veldtog om Afrikaanse studente in Afrikaans te laat studeer sodat die taal op tersiêre vlak beskerm word. Sal jy jou kind na 'n Engelse skool of universiteit stuur?” Rapport 31 Aug 14
41% van 3500 stemme se JA.
Wat dit beteken, indien hierdie syfer op ‘n nasionale vlak geëkstrapoleer word, is dat amper helfte van die Afrikanerbevolking geen beswaar het dat hulle kinders op skool en universiteit in Engels opgelei word nie.
Wat sê u die leser?
Jaco Fourie


Kommentaar
In Die Burger (1 deser, p 8) skryf Johann Sohnge, Durbanville: "Hoe lief ek ook al vir Afrikaans is, glo ek dit is in die belang van hierdie land en sy mense dat Engels die [enigste] amptelike taal word." Dit is Afrikaanssprekendes soos hierdie een wat die ondergang van Afrikaans aanhelp.
Johannes
Dankie vir jou bydrae en siening. Ek wou vir meer response gewag het alvorens ek geantwoord het, maar dit lyk asof hierdie 'n onderwerp is wat maar min belangstelling wek.
Soos jy, sou ek ook graag 'n heelwat groter persentasie gesien het, maar my siening is om my mede-Afrikaner se wense en sieninge te respekteer, al verskil dit van myne. Ek lees glad nie daarin dat hierdie Afrikaners nou Engelsmanne wil word nie, maar dat hulle eerder begaan is om die beste vir hulle kinders te wil bekom, hetsy dit deur middel van Afrikaans of Engels is.
Ek lees ook glad nie daarin dat hulle aanhelp om die taal te vernietig nie. Inteendeel die tendens onder Afrikaners wat ek daagliks teekom, is 'n beter as ooit tevore aanvoeling vir hulle taal, terselfde tyd respek vir ander se tale en kulture, wat in die ou bedeling onder Afrikaners algeheel afwesig was. Die getallegroei in kunstefeeste se bywoning spreek boekdele ten gunste van Afrikaans. Die oorgrote meederheid Afrikaners wil eenvoudig net nie meer hê dat die taal verpolitiseer moet word nie.
MAAR. Dit behoort terselfdetyd 'n opwekkreet te wees vir Afrikaanse instansies wat met die Afrikaanse taal behep is, om Afrikaans meer aggressief te bemark, en dit is presies wat AfriForum tans besig is om te doen.