AfriForum help ook Engelse boere

  • 0

Grondgrypers dreig boer met dood – AfriForum

AfriForum het na aanleiding van die afgelope naweek se plaasbesetting in die Howick-omgewing van KwaZulu-Natal aangekondig dat boere voortaan gehelp sal word om hulle teen grondgrype te organiseer. Dit volg nadat AfriForum deur ? boer van Howick, mnr Peter Train, genader is omdat die Msomi-familie die boer se heinings vir die soveelste keer geknip en hulle beeste op die plaas gejaag het.

“Hierdie plaas behoort aan swart mense,” het een van die Msomi-seuns vantevore aan die boer gesê. Die boer se vrou is ook al met die dood gedreig.

“AfriForum sal help om boere te organiseer sodat daar opgetree kan word teen hierdie soort ongerymdhede, sodat ons boere in veilige omstandighede kan voortbestaan,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid gesê.

Alhoewel die Msomi’s verlede Vrydag gearresteer is vir kwaadwillige beskadiging van eiendom nadat hulle die boer se plaas betree het, is hulle deur Howick se polisie vrygelaat met ? waarskuwing om gisteroggend (Maandag, 2 Desember 2013) in die hof te verskyn. Al twee die Msomi-mans en vier ander onbekende mans was egter Sondag weer op die plaas, dié keer gewapen met knopkieries, stokke en ? byl.

“AfriForum het die staatsaanklaer versoek om dringend na die aangeleentheid om te sien. Die verdagtes is almal weer gearresteer en die saak is ná gister se eerste hofverskyning tot 23 Januarie 2014 vir verdere ondersoek uitgestel. Die Msomi-mans is weer, soos vantevore, gewaarsku om nie met die boer kontak te maak totdat die saak in die hof voorkom nie,” het Chris Fourie, AfriForum se organiseerder in KwaZulu-Natal gesê.

“Die regering versuim sy plig heeltemal wat veiligheid op plase betref. Daar is steeds geen daadwerklike poging aangewend om boere te beveilig nie,” het Cameron gesê

Kan daar nou verstaan word hoekom dit al hoe meer noodsaaklik word om AfriForum te ondersteun, al is dit net 'n kwessie van eie belang en eie sekuriteit.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top