Afdoende bewysbaar

  • 5

Daar is bewyse dat mense versinsels geglo het, en steeds glo.
Daar is geen bewyse dat enige versinsel ooit waar was, of is nie.
Daar is bewyse dat slegs die werklikheid waar was, en is.

CM

  • 5

Kommentaar

  • Watter versinsels?  Die oerknal? Evolusie? Feëtjies? Nessie?
    Watter versinsels was/is nooit waar nie? Spoke? Insulien? Vlieënde pierings?
    Wat is 'die werklikheid'? Soos gesien deur die mens? Die insek? Die slagskaap?

    Die bewyse waarvan jy praat, wie het  bewys? Gewone mense, soos wetenskaplikes?  Was/is die bewyse grondig?  Wie bewys die grondigheid van die bewyse; gewone mense (soos wetenskaplikes)?

  • Jan Rap

    Menige gelowige is kennelik verward en oortuig dat almal wat nie glo wat hy glo nie,  onnosel is.

  • Jy's gedeeltelik reg, CM.  Maar die ou wat wat ookal glo, Christen, Islamiet, Jood, ateïs, Hindu, agnostikus, Boeddhis , noem maar op, dink nie noodwendig die ou wat nie glo soos hy glo onnosel is nie, hy dink net so 'n ou is die pad byster.

    Jan Rap

  • CM, trek jou kop uit die sand en sê waar dwaal ek.  Of het  jy sommer gepraat omdat praat praat is?  Of reken jy die Spreuke van CM is die waarheid, die enigste waarheid en niks anders as die waarheid nie?  Mense moet dit net glo; also sprach CM!

    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top