Baie dankie aan almal van u wie gereageer het op wat ek geskryf het as deel van my beswaar teen die al hoe meer deurmekaar raak van die Sê Net kolom en wat ek sien as Litnet bestuur se onbetrokkenheid of onwilligheid om op te tree daarteen. Hierdie skrywe van my “Webvoet, repliek vir u is onderstaande –” moet gelees word binne konteks van die hoevele replieke deur my aan SêNetters op my skrywe” Is SêNet ’n plek vir briewe aan indiwidue, onbetaalde reklame en ou politieke nuus?” 2014-05-16. (Of Litnet se inhoudsbestuur konstruktief gaan deur positief te reageer op my voorstel om hierdie kolom skoon te hou deur ’n “sif” in te bou daartoe, en herhaling, (soos hierdie plasing), of ander ongewensdhede in binne ’n kolom soos hierdie te voorkom, sal tyd ons leer.
Ek het al u reaksies gelees en kopieë van wat ek gelees het hieronder geplak. Talle van u reaksies lig my in oor feite betreffende SêNet waarvan ek terdeë bewus is, sommige preek vir ’n bekeerde. Ander (van wie een skuil agter fasades van ’n skuilnaam) poog om binne in my privaatheid en/of karakter in te dring (ten spyte daarvan dat ek geregtig is op privaatheid, nes enige ander persoon). Een skrywe (deur iemand wat naamloos is) besef nie waaroor die klagte handel nie, is geskok, en beskuldig my van optree op 'n lae vlak.
Daarbenewens dring die somtotaal van u reaksies in op my tyd, (wat ek beskou as uiters kosbaar en grootliks bestee aan of skryfwerk wat vir my groot genot gee en/of vir my iets in die sak bring). Sommige van u beproef my geduld, ander bevraagteken my karakter; kortom u afsonderlike pogings saamgetel tot een groot totaal, dreig om beslag te wil lê op my lewe.
Net omdat ek deelgeneem het aan SêNet, asook op Litnet se nuwe skryfwerk gekompeteer het, beteken nie dat enigeen van u my besit of dat ek aan u, as individue, of as groep, enigiets verskuldig is nie. Asseblief almal van u, doen vir my een baie klein gunsie. Vlieg weg. Dit staan u vry om te vlieg waarheen u ook al wil. Daarvoor sê ek aan almal van u, “baie, baie dankie”.
Henk Seymore
Ns. Ek gaan nie repliek lewer op reaksies nie.
Henk
Baie dankie vir jou skrywe. Ons het al die kommentare wat jy aangeplak het nie weer herhaal nie. Dit is mos al klaar daar. Dis altyd lekker as mens met nuwe dinge vorendag kom.
Groetnis
Webvoet


Kommentaar
Henk, ons het net van mening verskil (sommige het met jou saamgestem). Meningsverkil is die aard van debat; jy kan nie kwaad word as iemand dinge anders as jy sien nie en hulle dan vertel om te vlieg nie. Dit is ... wel, net nie reg nie.
Groetnis
Jan Rap
Webvoet, jou geduld is suiwer goud. Ek sou die wegvlieg lankal aan die skrywer voorgestel, nee aangedring het.
Duitswester
Is this man for real?