
Foto: Canva
Breek die bande
Daar is vroue met kake van staal.
En brille op bande.
En rokke met harnasse wat maagwande martel.
Hulle stuur jou weg.
Om jou siel af te skaaf. Jou weg te brand.
Dis vrouwees.
Stil, hard, kaal,
maar nie broos nie.
Jy werk met jou hande.
Jou bene is pilare.
Jou skouers dra die son en die maan.
Jy is die oseaan.
Jou arms strek wyd. Jy omhels alles en dien almal.
Buite lyk alles soos blomme en haarbande.
Die besoedelde walms kleef aan jou hande. By partytjies klets julle saam.
Wie se kind is die grootste.
Wie se man is die rykste.
Wie se kat is die slimste.
Wie se melk is die witste.
En almal weet: Elke glimlag is dood.
En jy waag.
Om die staal te kraak.

