Brandstof
Waar die rook trek, daar’s ? vuur
die stoute duiweltjie is nou hier
Wie is ek, jy weet nie
maar jy voel ? klein vlammetjie
Hy word warm, hy raak groot
en jy kry hom nie dood
So los die water, los die sand
en baby, laat ek jou brand
REFREIN:
Brandstof, ek is geweldig vlambaar
Brandstof, jy gaan my vlamme sien
Brandstof, ek gaan jou aan die brand steek
Brandstof, ek is gasoline
Kan jy al my hitte voel
of dink jy jy is nog koel?
Uit jou ore kom die rook
want baby, ek laat jou brein kook
My vuur is nou warm
want my brand is jonk
Oe baby, ek gaan jou opvonk
REFREIN
BRUG:
Jy raak nat as jy begin te sweet
jou hande raak klam dan kan jy maar weet
Daar in jou hart brand dit rond en bont
so blaas daai vlamme op my lont
Brandstof (x4)
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


