"Branders oor jou voete" deur Abre van Wyk

  • 0

Branders oor jou voete

Met die eerste oogopslag van jou
moes ek my hart in my hande vashou
Ek het jou een aand laat ontmoet
En ek dink ek het jou drie keer gegroet

Dis ná die tyd
wat ek toe baie sleg voel
Met kopseer en al
bevind ek my in ? groot warboel
van deurmekaar denke en ? diep leed in my
Ek moes jou nommer in die hande kry

? Paar oproepe later was ek op pad
om my hart nugter vir jou te vat
Met ? liedjie wat ek geskryf het en ? blikkitaar
het ek my liefde so vir jou verklaar:

REFREIN:
Druk my vas, druk my stywer vas
Vat jou goed en pak jou tas
Kom saam met my op ? reis
waar ek jou my hele lewe wys
Loop saam met my op die strand
en trap in my spore op die sand
Dis my liefde wat jy voel
Soos die branders wat oor jou voete spoel

My drome van jou het waar geword
Jy weet self die lewe is baie kort
Ek het genoeg rondgeval
en die wêreld gesien
Glo my as ek vir jou sê
Dat ek jou vir ewig wil hê

Gee my hierdie kans om jou te wys
Jy is héél bo aan my lys
Sonder fancy goed
en juwele wat blink
Belowe ek jou
dis hoe my lewe klink

? Paar dae later was ek op pad
Om ? ring vir jou te vat
Met ? liedjie wat ek geskryf het en ‘n blikkitaar
het ek my liefde so vir jou verklaar:

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top