Brander

  • 0

Foto: Canva

Brander

Laatmiddag
op ’n rots

bly kyk die
seun oor
die see

na môre kyk hy

die son oranje
teen sy wang

die brander
vat hom

spoel sy asem weg

op die strand
wag ’n ma

haar kind
se foto in
haar hand

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top