Braaf Verslaaf
Ek is verslaaf aan jou, soos vuur aan hout
Ek dink ons pas goed, soos peper en sout
Ek hou van elke haar en elke vou
My serebrum is teen dié tyd moeg vir jou
Ek smag na jou soos 'n roker na nikotien
Ek sal alles in my vermoë doen
om jou weer te sien
Jy is beter as almal en die res
Ons twee saam is soos vurk en mes
Ek wens ek was 'n vlieg op jou deur
ek sal net daar sit: sonder steur
Ek is verslaaf aan jou, soos vuur aan hout
Ek dink ons pas goed, soos peper en sout
Ek hou van elke haar en elke vou
My serebrum is teen dié tyd moeg vir jou
Ek wil jou wen, so erg soos die volume van 'n kosmiese sfeer
Ek hoop dit kan werk
Want ware liefde gebeur net een keer
Ek is verslaaf aan jou gedagte
Ek is verslaaf aan jou
As jy iemand dood sou maak
sal ek die rol vertolk as verdagte
En jy moet dit onthou


