"Boys will be boys"

  • 0

Fotobron: Canva

Vanaf Maandag die 10de Februarie lei ek an skok na ek gehoorit van die moord van ʼn skoolvriendin, Gail van As. Net ʼn wiek daana was dit Tazne van Wyk se dood wat vêder by my spoek. Soes ek die storie volg, en die boodskappe lies op social media, is dit net “Jammers” en “Sorries” en “We’ve failed yous” en “Rest in Peaces” wat voo my oë veby flits. En ek wiet dis die regte ding om te doen, om jammer te sê, om te RIP vi die twie vroumense wat ôs veloo het. Maa ek kan myself nettie kry tot by daai punt om dit te sê nie, wan waavoo is ek dan nou eintlik jammer? Jamme dat hulle op soe ʼn manier hulle laaste asem moes gevat het? Gail wat in haa bed gelê het wat met ʼn krieketbat geslat was oo die kop, en toe geskiet was, of Tazne wat gesteel was en wat ôs gekry het in ʼn stormwaterpyp?

Sê my hoe maak mens sense van wat biesag is om te gebee met vroumense en kinnes in die land? Is dit reg dat ôs net die gawement blameer vi wat ôs deumaak? Dis mos hulle wat die vullisse trug op die strate sit? Maa wat maakit saak wie ôs blameer? Ek mien elke man kô van ʼn vrou af, elke man was eens ʼn kind – hoe kan djy dannie die reg en vekeet sien in jou dade nie? Of gan dit oek oo hoe die misdadigers dalk as kinnes vekrag en misbruik was? Maa was elke man dan as kind misbruik, en was elke man as kind dan vekleineer dat hulle as grootmense dieselle doen an dies wat naaste an hulle is?

Daa is ʼn siekte op ôs strate, en in die binnestes van die mansgeslag. Maa hoekô sit ek nou allie mans onnerie selle sambreel? Wan dissie amal wat soe issie, dissie amal wat die grootmaak van kinnes los vi die ma nie; dissie amal wat raas en sê dat hulle vroue moet onnerdanig wies an hulle nie; dissie amal wat nog steeds gloe dat vroumense fisiek swakker is as mansie; dis mossie alle mans wat vroumense en kinnes vekrag, of anrand, of seksueel misbruikie, of cat-call, of sien as die “minner geslag” nie – dis net som. En hoe groot is daai “som” dan nou rêrig? Wanne vroumense, hierie vrou ingesluit, daagliks “op ôs plekke” gesit wôt, daagliks misbruik wôd, daagliks angerand wôd, daagliks betas wôd, maak nou nie saak of djy op die straat stap, in die trein ry, in jou bed lê, of by jou wêk issie. Dis dieselle storie.

Ek vra anmekaa, waa is die regte manne dan, wat sien die goete wat daagliks gebeer tienoo vroumense en iets daaromtrent doen? Waa is die manne dan wat opstaan en hulle geslag in check hou om vroumense te treat met respek en dissipline? Waa is die organisasies wat gestig wôd deu mansmense om die siek wat hulle mien loep gesond te maak?

Ja, ôs as ʼn society wôd gelei deu die basiese institusies wat sê wat dit is om man te wies, en wat dit is om vrou te wies. Ek praat nou hie van die institusies van godsdiens, die education, die gawement, en oekie institusie van die fêmily, en oek die media, en hoe dit die rolle van man en vrou, en wat man en vrou moet wies, en moet doen, hoeg hou. En die veantwoordelikheid lê op die skouers van daai institusies om ôs op die regte pad te lei. Maa hoe kan dit gebee wanne al die institusies nog steeds die man hoeg hou, maa die res van die mensdom wôd vekleineer soerat die “man” groot kan lyk?

En dit is wat dit vi my op neerkô, die feit dat mans, en net ʼn siekere tipe “man”, hoeg gehou wôd. Die man wat kan sorg, die man wat sy vrou kan onner duim hou, die man wattie huilie, die man wat sy “man kan staan”, en die man wat mag het oo anner, you know, die man wat “sy voet neersit”!

En ek dink oek die siekte wat baie mansmense mien liewe, kô oek neer op die feit dat hulle nie kan inpas in die raam wat society van hulle af vewaggie, of hulle speel die rol van “man” deu vroumense onne hulle duime vas te druk, om kinnes te misbruik net om te wys hoe stêk hulle is, om ʼn vrou an haa hare in ʼn donke sypaadjie in te trek, wan ʼn man kan maa vat wat hy wil hê.

Maa is ôs, vroue, dan nie deel van die society nie? Ôs maak daai institusies op, en ôs gloe in daai institusies, wan sonne mens, of mense kan daai institusies nie existie, en ôs het as gemienskappe ôs mansmense soe grootmaak. Al sien ôs hoe vekeerd dit is, ôs sê nog steeds dat die man se plek as die hoof van die tafel die regte plek is, al het daai man nou al die tafel se biene afgebriek en gebruik om gatte in ôs koppe te slat, maa ôs sit nog steeds langs die tafel. Al biewe ôs van al die bloed wat ôs veloo, sit ôs al an. En die seunskinners wat an die tafel sit, sien hoe dinge gedoen wôd, en hulle droem van die dag wanne hulle hulle eie tafels gat hê, en wanne hulle kan heers oo hulle eie tafels. Die issie net ʼn geval van dis hulle skuld, of sy skuld ‘ie, wan die bloed lê op ôs amal se hanne, wan elkeen van ôs wattie uitpraatie, en wattie opstaan van die tafel affie, sê dat dit oukei is, dat dinge soe moet wies, wan “boys will be boys”.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top