Hallo almal
Die afgelope tyd pla dit my dat ons soveel beledigende kommentaar ontvang. Baie ander webtuistes duld dit nie. Hierdie is Rapport se beleid ten opsigte van kommentare.
Ek voel nie dis regverdig om ons lesers uit te lewer aan 'n plek waar niemand veilig voel nie, aangesien almal sleggesê word dat die see hulle nie kan skoonwas nie. Nee wat. Speel die bal, nie die man nie. Hier is plek vir soveel opinies as wat daar lesers is, maar die klank van hoe daar deesdae hier kommentaar gelewer word, staan my glad nie aan nie. Terloops, as jou kommentaar nie verskyn nie en jy wonder agter die skerms waarom dit dan so is, kan jy gerus weer jou kommentaar gaan lees en daaroor besin.
Hier sal voortaan met respek kommentaar gelewer en geplaas word, of glad nie.
Hier's sommer iets om die debat in 'n gans ander rigting te stuur. Wie het lekker kinderdae-herinneringe aan hierdie geel mannetjies? Kom ons bou saam aan 'n debat met 'n ander klank ...
Lego-groete,
NM
Naskrif. Dankie vir die eerste bydraes vir die kompetisie, julle word raakgesien!


Kommentaar
Dit is 'n feit dat sommige kommentaar op die internet van 'n bedenklike aard is. Die probleem kom by die billike toepassing van 'n suiweringsbeleid.
Dit is betreurenswaardig dat Rapport se webmeester nie "adres" reg kan spel nie en stappe "neem".
Johannes Comestor
Beste Naomi,
Ek is eens met jou.
Ek vra verskoning vir my aandeel daarin.
Daar is egter twee pertinent gevalle van buitensporige en ongevraagde belediging die afgelope ruk wat dalk net 'n oomblik se aandag nodig het.
Die mees onlangse is Kobus de Klerk se woernale op Rietha Zondagh se bydraes oor afknouery.
Geen bydraer se geliefdes hoort ooit relevant te wees in enige debat nie.
Wat weer tref omtrent Kobus de Klerk se geniepsigheid daarin is sy honende beskimping van Rietha se kind.
Ongeag Rietha se reaksie daarop, dit laat enige ander bydraer en belangstellende versigtig.
Wie wil hul geliefdes aan so iets blootstel - al is die onderwerp hoe belangwekkend?
Die tweede is Kobus de Klerk se woernaal op my bydrae "Musikale vrede en gebed".
Sonder enige provokasie daarin beledig Kobus de Klerk my persoonlik op grond van sy eie veronderstelling met "jy lieg alweer".
Dis gewoon onwettig om enige ander in Suid Afrika se geloof of ongeloof in die openbaar te minag - al is dit 'n pastorieseun en witbroodjie uit die ou orde wat dit as 'n soort van staande sensasie op die werf aanvoer.
Ek vra dat die woernale deur Kobus de Klerk in die genoemde bydraes asseblief verwyder word as gebaar en inleiding tot gesonder debat op die werf.
Ek onderneem om enige kommentaar deur my wat enige belangstellende en deelnemer ooit op rekord in hul persoon minag, summier en self met liefde te verwyder.
Dankie vir jul toegewyde versorging van my bydraes nog altyd.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Afrikaliefde,
Cornelius Henn
Nou ja toe, daar sit Naomi haar voet met 'n ferm hand neer.
Is reg so, ek hoop van die ou bydraers kom terug, ek mis die griffels van manne soos Namib en die Gemaskerde Sopbeen, om net 2 te noem.
Ek groet
Duitswester
Ek was 'n hele ruk weg en het vol verwagting gister kom lees,om maar net weer dieselfde ou getjommel raak te loop.Dit was altyd so lekker hier,maar van gewone debatvoering is daar geen sprake nie,want soos almal reeds gesê het,word mens net beledig as jy van die Selfaangestelde Kundige hier verskil.
Ek stem saam dat daar 'n nuwe aanslag moet wees en vra ook verskoning oor my aandeel in gister se negatiewe reaksies op Rietha se brief.Ek kon net nie stilbly nie.Hier is nou 'n nuwe skrywer,wat sommer al met haar eerste poging aan 'n kruis vasgekap is.
Dis een van die grootste redes hoekom niemand meer hier kuier nie.
Sterkte met die nuwe probeerslag.
Groetnis
Perdebytjie