"Bosveld Meisiekind" deur Jacobus Engelbrecht

  • 0

Bosveld Meisiekind

Ek sit hier in die bosveld
en ek loer vir jou
Ek wil my arms om jou vou
ek wil jou hand vashou
Ek kry hoendervleis
as die windjie aan my byt
Dis nou net ek en jy
sal jy hier buite by my bly?

REFREIN:
My hart se ritme, die nag se wysie
Jy word my hart se punt
Die sterre glinster in jou oë
My bosveld meisiekind

Terwyl die maan nog dans
is daar vir ons ? kans
As jy net aan my wil raak
is dit ? uitgemaakte saak
Ek voel jou hand op myne
en my hart klop uit beheer
En om jou te soen
is al wat ek wil doen

REFREIN (x2)

BRUG:
As jy hier langs my sit
dan word die bosveld stil
Met die sterre bo
raak ek weg in jou oë

REFREIN (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top