Stellenbosch, 9 December: "Bones, bricks, mortar and souls"

  • 0

 
Bones, bricks, mortar and souls: Sounding land as decolonial aestheSis

You are kindly invited to attend a third concert event that explores music in relation to landscape. With this event the centuries-long justice/ injustice of the South African embodied landscape is framed through decolonial aestheSis. Latin American thought on decoloniality (and Walter Mignolo’s contributions in particular) is taken to a conventional concert stage (of Western art music) in order to sound tension, and thus engage in decolonial ‘border thinking’, but also ‘border dwelling’. The latter will be enacted through a ritual of listening to archival recordings of the repertoire that we then perform live.

Tuesday 9 December at 18:00-19:30, 'Bones, bricks, mortar and souls: Sounding land as decolonial aestheSis.' Leah Gunter (soprano, UCT), Marietjie Pauw (flute, SU), Anmari van der Westhuizen (cello, UFS) and Benjamin van Eeden (piano, SU). Prof Nick Shepherd (Head: African Studies Unit, New School of African and Gender Studies, Anthropology and Linguistics, UCT) will deliver a short public address as response to this event, after which audience comments are welcomed. Compositions in this (third) concert (in a series that takes landscape as theme) consist of quartet compositions Gebed om die Gebeente (Hendrik Hofmeyr/ DJ Opperman), and Die Kind (Caroline Ansink/ Ingrid Jonker). Fractal Shapes (Jürgen Bräuninger/ Ari Sitas) will also be presented in live performance for the first time. (Fractal Shapes is a composition for solo flute and electronic soundtrack with text ‘Times of deliverance’ from ‘The RDP Poems’ by Ari Sitas. The composition was recorded by flautist Evelien Hagen-Ballantine and sound-engineered by Jürgen Bräuninger on the CD d’Urban Noise and scraps Works.) In addition to the live performances, the event will make use of archival recordings to simulate a ritual of decolonial ‘delinking’ from Western modernity’s hegemony of aestheTics, knowledge, and power. Dawid de Villiers is the sound technician. Note the early evening starting time of 18:00. Venue: Fismer Hall, Stellenbosch. Entrance is free, and no bookings are required.

For more information please contact Marietjie Pauw at empauw@gmail.com 

***

U word uitgenooi na die derde uitvoering wat landskap en musiek bymekaar trek.  Met hierdie uitvoering word die reg/onreg van landskap in Suid Afrikaanse konteks vertolk deur die tema van dekoloniale esteSe. (Die Engelse term is "decolonial aestheSis", en dit staan lynreg teenoor "colonial aestheTics"). Latyns-Amerikaanse denke omtrent dekolonialiteit (en veral die werk van Walter Mignolo) word in hierdie projek na ’n konvensionele Westerse kunsmusiek konsert-verhoog gebring  in ’n poging om nie net met "border thinking" te doen te hê nie, maar ook by wyse van ritueel"‘border-dwelling" te verklank en uit te voer.

Dinsdag 9 Desember, 18:00-19:30, “Bones, bricks, mortar and souls: Sounding land as decolonial aestheSis.” Leah Gunter (sopraan, UCT), Marietjie Pauw (fluit, SU), Anmari van der Westhuizen (tjello, UFS) en Benjamin van Eeden (klavier, SU). Prof Nick Shepherd (Hoof: African Studies Unit, New School of African and Gender Studies, Anthropology and Linguistics, UCT) bied ’n kort repliek op die uitvoering, waarna opmerkings en vrae vanuit die gehoor verwelkom word. Musiekkomposisies wat uitgevoer word in hierdie (derde) uitvoering (van klankkuns wat musiek en landskap in relasie tot mekaar bring) behels twee werke vir kwartet-ensemble, en een solowerk. Gebed om die Gebeente (Hendrik Hofmeyr/ DJ Opperman), en Die Kind (Caroline Ansink/ Ingrid Jonker) word uitgevoer. Fractal Shapes (Jürgen Bräuninger/ Ari Sitas) word ook vir die eerste maal in lewendige uitvoering aangebied. (Fractal Shapes is ’n komposisie vir solofluit en elektroniese klankbaan met die teks van "Times of deliverance" uit "The RDP Poems" van Ari Sitas. Die komposisie is opgeneem deur die fluitspeler Evelien Hagen-Ballantine, met klankbaan deur Jürgen Bräuninger op die CD d’Urban Noise and scraps Works.) Tesame met die lewendige uitvoerings sal daar ook ’n ritueel plaasvind deur middel van die gebruik van argivale opnames van dieselfde werke. Hierdie ritueel simuleer die aktiewe proses van dekoloniale ontkoppeling ("decolonial delinking") vanaf Westerse moderniteit se hegemonie omtrent esteTika, kennis en mag. Dawid de Villiers is die klanktegnikus vir die uitvoering. Let op die vroeë aanvangstyd van 18:00. Venue: Fismersaal, Stellenbosch. Toegang is gratis en geen besprekings word benodig nie.

Vir meer inligting kontak Marietjie Pauw by empauw@gmail.com

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top