Bollemakiesie Liefde
Ek dink aan jou en daar gebeur dit
Dis daardie gevoel wat druk in jou hart
Dit is daardie gevoel, daardie bollemakiesie gevoel
Jy loop in by die deur en ek sien jou smile
en daar gebeur dit weer, daai bollemakiesie gevoel
Dit is 'n gevoel van lekkerkry
'n Gevoel na 'n lekker vry
'n Gevoel van verlief wees
'n Gevoel van jonk wees
Ek sien jou nommer op my foon
en ek kry daai gevoel, daardie bollemakiesie gevoel
Ek antwoord voor jy van plan verander en hoor jou stem
"Hallo pragtig" hoor ek jou sê
En daar gebeur dit weer, daai bollemakiesie gevoel
Dit is 'n gevoel van lekkerkry
'n Gevoel na 'n lekker vry
'n Gevoel van verlief wees
'n Gevoel van jonk wees
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


