"Boksgelowige" deur Natasha ten Krooden

  • 0

Boksgelowige

My persoonlike oortuigings mag jou dalk aanstoot gee
My persoonlikheid kan jou dalk na waninterpretasie lei
Want ek belowe jou ek glo
Maar ek kan nie jou rigiede reëls lewe nie
Want ek sal hulle nie oordeel nie
En gee nie om dat hulle verkeerd is nie
Want ek kan nie ander veroordeel nie
Want gay-wees is nie die enigste sonde nie
My persepsies mag jou dalk weg loop
My gedagtes jou mond verstommend ooplaat
Want ek belowe jou, ek bid!
Maar ek kan nie jou verdoemende reëls lewe nie
Want ek sal hulle nie oordeel nie
En gee nie om dat hulle verkeerd is nie
Want ek kan nie ander veroordeel nie
Want prostitusie is nie die enigste sonde nie
Jy dink dalk ek is ’n massiewe rebel
Of dat my hart vol demone hang
Want ek belowe, ek leef!
Maar ek kan nie ander mense opketting nie
Want ek sal hulle nie oordeel nie
En gee nie om dat hulle verkeerd is nie
Want ek kan nie ander veroordeel nie
Want verkragting is nie die enigste sonde nie
Wie gaan vir hulle ware liefde wys
Vir hulle sê: Kom nes jy is
Wie gaan voor God verantwoording doen
As dit ons skuld is: hulle is verdoem
Want ek sal hulle nie oordeel nie
En gee nie om dat hulle verkeerd is nie
Want ek kan nie ander veroordeel nie
Want skinder is nie die enigste sonde nie
So ek sal niemand veroordeel nie,
Want niemand is sonder sonde nie ...

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top