Bokomo-brekfisbrief; 31/08/09: Mej Verloveren, 'n aanwins vir die mediese wetenskap

  • 0

 

 

Liewe mej Verloveren

Nou verstaan ons waarom dokter Poerstamper ewe skielik nie meer hierdie webwerf besoek nie.

Volgens vertroulike inligting uit die Instituut het hy baie meer as net sy hande vol met jou. Jy stamp glo jou voetjies en gooi die seksieste vloermoere indien hy nie 24/7 in jou geselskap verkeer nie. Gevolglik moes hy al sy aandag op jou toespits en het hy sy ander pasiënte gruwelik begin afskeep.

Uit hierdie betroubare bron word egter verneem dat jou kommery die beste ding is wat kon gebeur het. Een en almal van sy eks-pasiënte toon blykbaar 'n merkbare verbetering in hul verskeie toestande. Jy, as vrou, juffrou Verloveren, doen dusdanig die mediese wetenskap - en die Instituut in besonder - 'n groot guns met hierdie oorweldigende liefdesdiens aan jou witjas-held.

Dis nou almal behalwe dokter Poerstamper self. Hy is vinnig oppad na 'n staat van algehele uitputting. Die personeel het hom gisternag uit jou kamer sien strompel, en ná 'n paar wankelende treë het hy soos 'n slap nat lap neergeslaan en gepleit vir 'n slaapplekkie, al is dit op die vloer van die mans-toilette. Moet egter nie bekommer nie. Teen vanoggend behoort hy in so 'n mate herstel te wees, dat hy weer 'n daglange besoekie by jou sal kom aflê. It's a woman's world!

Daarom wil ek jou laastens 'n gunsie vra. Sal jy asseblief uitvind of dokter Poerstamper dalk vier of vyf jonger broers met presies dieselfde edele karaktertrekke as hy het? Solank hulle net nie ook dokters is nie ...

Liefdevolle dametjies soos die uwe, Maya, Pouveer en Willa, onder andere, gaan binnekort hulle held verloor en ons maak reeds busgeld bymekaar!

Wellustige groete

Ellen B (en 'n paar ander)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top