Met Wêreldbekerkoors wat tans hoog loop, het ek dit goed gedink om aan die pret te begin deelneem en ‘n ou geldjie hier en daar te verwed. My raaiskoot oor die span wat eerste besteel gaan word was ongelukkig nie in die kol nie (ek het gesê Italië), maar alles is nog nie verlore en ek het darem nog ‘n paar ou randjies wat vermenigvuldig
1. Eerste kragonderbreking tydens ‘n wedstryd - Engeland v VSA op 12 Junie in Rustenburg.
2. Vervangingswaarde van persoonlike besittings gesteel uit hotelkamers en by lughawens - US$4,5 miljoen.
3. Aantal beddens wat landwyd deur huiswerkers opgemaak gaan word op die dae wat Babana-Banana se wedstryde gebeeldsend word – Nul.
4. Oorsaak van eerste toerbusongeluk – Slaggat.
5. Grootste nederlaag gely tydens toernooi – Banana-Banana in hul wedstryd teen Frankryk op 22 Junie (18 – 0).
6. Nasionaliteit van eerste dronk toeris wat deur ‘n sekswerker met ‘n mes gesteek word - Duits.
7. Wedstryd wat die langste vertraag gaan word as gevolg van ‘n stormloop deur toeskouers sonder kaartjies – die Finaal.
8. Mees algemene besering onder spelers – oordromskade (vuvuzelitis).
9. Sokkerlegende wie se naam die meeste genoem gaan word deur oorsese kommentators: Nelson Mandela.
10. Aantal honger kinders wat vir ‘n jaar lank KFC kon geëet het met die geld wat die regering bestee het en nooit sal terugverhaal nie – 3 miljoen (ZAR20 miljard gedeel deur prys van ‘n Two Piece Meal gedeel deur 365.)
Let the games begin!
Oom Daan


