Bokomo-brekfisbrief; 31/03/2010: Mooiste geluide, Thomas

  • 0

Visarend: Amen, en nogmaals amen!!

Wat van 'n Bedford? 'n Groep manne wat dreunsang as die grawe ritmies beweeg?

Of nog beter: Wat van die sang van vroue saans as hul van die waters op pad is?

Dan is daar logies die jakkals wat vroegaand roep na iets of iemand om hom geselskap te hou. Soms klink dit asof die ou nie regtig lus is om alleen te wees nie en tog later hoor jy dat sy stem so effe verander en jy weet: Die ou het gescore!.

Ons kan corny raak en die Grootbaas se gebrul noem. Maar ons weet almal dat daardie brul meer te doene het met vrees en bewing as met blote mooi, nè?

Tweede mooiste geluid? "Jan Frederik!" soggens kort voor die groot Geel Ene sy kop uitsteek. Jy weet, daai tyd van die dag wanneer mensekind nog dikoog geslaap is en die ander geveerdes nog hul oge uitvee. Die duiwe wonder nog of hul nou al kan koer en die vinke en kwikkies dik die donner in is vir hierdie vroegoggend-geraasmaker wat rus verstoor. Ek sien soggens hoe die duiwe dikoog van die slaap huiwer om nader te kom na die kos en hoe die kwikkies met hul windgat houding maak asof hulle eintlik die dag gebreek het. Vinke is mos 'n ander saak want hulle meng mos nie met ander geveerde mense in nie. Hulle spook maar altoos onder mekaar vir elke halwe mieliepit terwyl die hele aarde besaai is.

Tussen almal deur fladder Jan Frederik met sy oranjerooi gewaad en enigeen kan sien dat die ou regtig nie 'n saak met enigeen het nie. Hy doen maar sy ding sonder om verduidelikings te gee.

Mooiste menslike geluid? "Ek is lief vir jou, pappa." En dan: "Ek is lief vir jou".

Moenie vergeet van 'n 747 as hy net die grond verlaat nie. Herre, never mind die mooiste ding naas 'n vrou, is daar 'n mooier gesig op godsaarde? Of enige bike wat goed ge-rev word. Of 'n vrou as sy stinkasem vroegmôre vir jou dagsê. Dikoog kan sy net uitkry: "Hello" ... en die belofte wat dit inhou ....

Nog 'n mooi geluid? Spesiaal vir Williams: ‘n Vuurhoutjie wat aangesteek word en die lang teug wat daarop volg ... Of, wel, logies, die geluid as 'n bottel geknak word ...

Groete uit Oesterland. Geniet jou trip!

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top