Bokomo-brekfisbrief; 31/01/2010: Oor Simson en die twee pilare

  • 0

So van Filistyne gepraat:

Ek het dikwels gewonder hoe Simson dit reggekry het om twee massiewe tempel-pilare na mekaar toe te trek - selfs met sy nuutgevonde krag van Bo. Vir elkeen wat ook mag wonder, lees gerus hierdie insiggewende artikel. Uitgrawings toon dat die pilare (kolomme) eintlik van hout was - ongeveer 2m uitmekaar.

My mening dat hy waarskynlik op sy een knie gegaan het; die een pilaar by die basis beetgekry en dit na binne getrek het. Met die daaropvolgende momentum het hy ook die ander pilaar beetgekry en dit na hom toe getrek.

En daarmee saam het al die klinkende blikke, rasende metaal, onhoudbare tromme en luidende simbale vir die afgod, Dagon, tot 'n val gekom.

Groetnis,

Kleinman

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top