Bokomo-brekfisbrief; 30/11/2010: Wie is die Nuwe Afrikaner? Tien Gedagtes ...

  • 0

1 – Bloedrivier is banaal. Jy vier eerder Isandlhwana saam met die Zoeloes.

2 – Jy giggel vir meeste spook- en sprokie-stories in die Bybel, behalwe nou waar dit te dik raak vir ʼn daalder, en TE gruwelik ... dan gril jy ... jy gaan laaankal nie meer kerk toe nie, maar reik eerder direk uit na minderbevoorregtes.

3 – Om groen te leef is jou dodelike erns.

4 – Jy weet wat beteken termes soos, “yin en yang”, “karma”,”nirvana”, en jy doen joga en meditasie. Iewers in jou tuiste is daar ʼn Boeddhabeeld.

5 – Op jou boekrak pryk boeke soos Tao Te Ching, Book of the Five Rings, I Ching, Kleinboer se Kontrei, Long Walk to freedom, Cry the Beloved Country en dies meer ...

6 – Jy WEET dat Die Antwoord die beste ding in Afrikaans is sedert Anton Goosen, Koos Doep en Koos Kombuis! Johnny Clegg en Claire Johnston is jou helde. Jy luister na Mandoza en onthou Ipi Tombi!

7 – Jou sporthelde sluit in Francois Pienaar, Ntini, Ernie Els, Gary Player, Caster Semenya, Errol Tobias en Oscar die vinnigste man sonder bene!

8 – In Jan/Feb vier jy die Sjinese Nuwe Jaar, volgens die maankalender en jy weet in watter jaar is jy gebore volgens die Oosterse sodiak. Jy doen ook natuurlik Diwali.

9 – Jy kan Nkosi sing uit volle bors terwyl jy ons pragtige volkleur vlag swaai en toekyk hoe ons Bokke nog ʼn teenstander die modder in trap!

10 – Jy vind Verwoerd, Vorster, Praag en alle rassiste verfoeilik.
Mandela is jou held.

Dan is jy ’n Ware Afrikaner, met die sleutels tot Afrika in jou hande en in jou hart ... welkom in die sirkel van menswees ...

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top