Kwart oor drie vanoggend word ek wakker gemaak deur 'n sms. Dag toe maar dis weer die donnerse Standard Bank wat hulle "in contact notifications" uitstuur. Standard Bank se idee van "interaktiewe sms kennisgewings" is mos om in die middel van die nag 'n bondel sms'e op een slag te stuur, wat uiteraard die diens wat hul lewer pointless maak. Ek kry soms kennisgewings van beweging op my rekening tot drie dae nadat dit plaasgevind het. Nietemin kos die diens my R17 per maand. Maar laat ek nie afdwaal nie. Standard Bank is 'n totaal ander Ricky Lake Show ...
Obviously ignoreer ek die sms, slaap klaar en lees die ding vanoggend. Die boodskap gestuur van 0731377529 lees, en ek quote dit presies soos dit gestuur is, kommas, punte en dies meer net so.
"Congratulation!! Your no. Was among the lucky winners on the NOKIA YEARLY PROMOTION. You won R95,000.Ticket no. 6016P. Call Williams Benson on 0786680171. For Your Cash Prize immediately from 08 am to 06 pm."
My eerste gedagte was 'n teleurstellende "hoe de fok moet mens nou maak?" as jou idee van "immediately" nie tussen 8 am en 6 pm val nie. Dan tref die nugterheid jou en jy besef dis tog logies dat dit een of ander scam is en dat die sms geskryf is met die hulp van ten to one MS word se spell check.(hy maak mos goed in foute wat nie was nie) Nietemin, lui maar in elk geval vir "Williams Benson", net so skuins na 5h45. 'n Baie moedige, maar ooglopend deur die kak Williams antwoord die foon. Ek seg hom ek bel net om my R95 K te collect. Eers wil hy my ticket number weet. Nee sê ek, verduidelik eers hoe waar en wanneer. Hy sal my terugbel sê hy, hy't nie nou al die info nie. Norrafok sê ek, jy sms my fokken 3h00 in die oggend, ons sal nou die storie uitsorteer. Moedig probeer hy weer, wil darem nie nou al die moontlikheid om iemand te scam net so los nie. Williams (wat klink of hy saam met Julius Malema skoolgegaan het) vertel my ek moet net vir hom die bankbesonderhede stuur waar hy die geld moet inbetaal, en as ek 'n tjek soek die adres waar die tjek afgelewer word. Ek vra hom toe of posbus ook sal werk, nee , nee, nie 'n posbus nie - óf bankbesonderhede óf fisiese adres. Nou in daai geval moet hy maar gaan kak.
Williams was nie baie gelukkig met die feit dat ek hom 'n krimineel genoem het nie. "Ar joe stoepid?" wou hy weet ... en gaan aan om my nog 'n keer te probeer oorreed om my bankbesonderhede en ander inligting aan hom te stuur.
Nou sien, diegene wat so moan oor die RICA-wetgewing, dis daar om fokkers soos hierdie uit besigheid te haal ... Intussen sal ek maar Williams se nommer hou en sporadies telefonies teister tot hy by Checkers 'n ander simkaart gaan koop vir 99c.
Groete,
Neil Kroese
NS Moet nou nie alle sms'e wat jy kry ignoreer nie. Vodacom run tans 'n promosie en mense wen potte vol geld. So lees eers mooi voor jy ignoreer. Net ingeval daar nog mense is wat dit nie weet nie - As jy van jou Telkomlyn 'n oproep na 'n selfoon wil maak en jy wil nie hê die persoon aan die ander kant moet jou nommer sien nie, dan skakel jy bloot *31* voor die selnommer. Soos bv om vir Williams te bel sonder dat die fokker jou nommer sien maak jy so: *31*0786680171


