Bokomo-brekfisbrief; 30/10/08: Kos vir Andries Wolmarans

  • 0

Dit verbaas my nie dat jou sisteem rebelleer teen die vleis nie. Vleis is ‘n ding wat jy met omsigtigheid moet eet. Ons as mense was nooit bedoel eintlik om vleis te eet nie, maar so met verloop van tyd het dit tog gebeur. As mens jonk is (en ‘n Afrikaner) dan kan jy ‘n os opeet sonder om teveel te sukkel met enige nagevolge. Maar soos ons ouer raak, raak die “oond” (maag, ingewandes en organe) bietjie kouer of eerder stadiger. Uit jou skrywe kan ek nie jou ouderdom aflei nie, maar as jy so in jou veertigers is (of ouer) dan moet jy begin terugskaal op die hoeveelheid kos en eerder konsentreer op kwaliteit.

My beginselbeswaar teen vleis en vis eet is dat ek geen rede sien hoekom ‘n ander lewende wese moet sterf sodat ek kan lewe nie. Veral nie as daar goeie ander alternatiewe is nie. Vleis en vis is ook so vol chemikalieë en hormone dat dit waarskynlik nie goed is vir ons nie. Volgens die Bybel het die Liewen Heer vir ons groente en neute gegee om te eet. Eers toe Noag met sy dronkgat van die skip afklim het die Liewen Heer beveel ons moet vleis ook eet. Melk is nog erger; dit is kos vir kalfies (beeste drink nie eens melk nie) en nie vir mense nie. Die Jode glo byvoorbeeld jy kook nie melk en vleis saam nie, want dit is nie kosher nie. Dalk steek daar waarheid daarin?

Enige behoorlike Italiaanse, Chinese of Indiese restaurant behoort goeie vegetariese disse op die spyskaart te hê. Maar mens moet versigtig wees want sommige vegetariese etes is maar afskeepkos. Spur se groentetafel geniet ek ook baie, maar ongelukkig is baie van die disse te olierig of asynerig na my sin.

Vis kan natuurlik ook probeer word, maar ek dink jou eintlike probleem is dat jou energievelde uit balans is. Om die balans te herstel stel ek voor gaan sien ‘n praktisyn wat TCM (Traditional Chinese Medicine) of Ayurveda (Indiese geneeskunde) beoefen. As jy nie kans sien vir hierdie manne nie, dan stel ek voor sien ‘n dieetkundige.

Bon appetite!

Zhi

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top