Bokomo-brekfisbrief; 30/01/2011: Agbaarheid (vir almal) ...

  • 0

In duplo

William Shakespeare het in sy spel Richard II, die volgende bekende woorde in Thomas Mowbray se mond tydens betoog met Koning Richard II se nefie geplaas:

Mine honour is my life, both grow in one. Take honour from me, and my life is done. Then, dear my liege, mine honour let me try; In that I live, and for that I wil die.

Dis betekenisvol hoe ekstensief eerbaarheid in die antieke tye was; diep gesetel in Antieke Egipte en Rome; in Antieke Griekeland waar Socrates met lof daarvan geskryf het; in Antieke Sjina waar Laozi die vader van Taoïsme die waarde daarvan gefilosofeer het; en in Antieke Japan waar die bekende Bushido-kode van die Samoerai bepaal dat sou oneer jou oorval, jy die “hara-kiri”moet pleeg (rituele selfmoord waarin jy jou pens oopsny met ’n swaard).

Agbaarheid is meer as net status of ’n macho houding.

Dis ’n “fortiter in re suaviter in modo”-bekroning vir die wysste en blinkste talent.

Dis ’n gawe om die wonderlikste in mense se lewens en dade te animeer.

Die bevalligste helde, verhef agbaarheid bo alles; en net so doen baie nederige en ordentlike mense.

Dr Samuel Johnson, verklaar eerbaarheid in sy Ingelse woordeboek Dictionary of the English Language (1755), ondermeer as “nobility of soul, magnanimity and a scorn of meanness”.

Die roos van ere

Hierdie roos simboliseer integriteit, wek opregte kommunikasie, en sinnebeeld goeie oordeel. Dit bemoedig ’n draer daarvan om in moeilike omstandighede rustig te wees. Dis betekenisvol in die skep van harmonie.

Die roos van ere, is mees betekenisvol as jy alleen daarmee in jou hand sit, en jy jou probleme stil sit en bepeins.

Met ’n roos van ere aan jou bors gespeld, spreek ’n mens enige onvanpaste negatiwiteit met kalmte en oortuiging aan.

Dis my gebed vir elkeen wat hier lees: Mag jy onkreukbaar op jou lewensweg stap en geeneen toelaat om jou ooit van stryk te bring nie.

COEXIST

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Katolieke, en Boeddhistiese groete,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top