Bokomo-brekfisbrief; 30/01/2010: Cosmos: Carl Sagan

  • 0

 Dis maklik meer as ‘n jaar gelede wat ek by Look 'n Listen, in Cresta se winkelsentrum ingestap het, en by Dave (hul vriendelike en uiters hulpvaardige bestuurder in die Klassieke-afdeling), Mercedes Soosa se Misa Criola, op DVD bestel het. Ek het toe R120 deposito betaal, en was bereid om solank nodig vir my DVD te wag - solank ek dit net kon kry!

‘n Week of wat gelede ontvang ek ‘n oproep van Dave. Hy deel my die nuus dat Look 'n Listen, finaal opgegee het om die DVD vir my te bekom.

Dis OK.

Dinsdag, twee weke na die aardbewing in Haïti, vloed dit so in Gauteng, dat die hardwerkendste - onder die hardwerkendstes, tyd het om ‘n draai in Cresta se winkelsentrum te maak.

Nogal teleurgesteld dwaal ek tussen die rakke rond. Dave, het gesê ek kan my R120 terug kry, of dit op enige ander vermaak in hul winkel spandeer.

My deposito in kontant terugneem , is uiteraard nie ‘n opsie nie. So half op in "revenge", oorweeg ek Michael Jackson se "This is it". Maar, ek het tyd en dwaal na die "Reference"-afdeling.

"Reference", in meeste mediawinkels is soos om te Google. Onderwerpe waarvan geen mens ooit sou kon droom nie, spring uit die rak in jou gesig. Tel dit op, lees die sinopsis op die agterkant daarvan, en dis genoeg om enige kdk ‘n kundige oor die onderwerp te maak (of altans, dis mos wat die Google eksperte oppie werf ‘n mens wil laat glo).

Nietemin, sonder dat ek dit verwag, staan die hele boks daar: COSMOS - Carl Sagan. ‘n Leeftyd se soek speel in my gedagtes. In ‘n oogwink gryp ek sonder om te dink. Ek trap ‘n paar tree na ‘n kant toe - te opgewonde (bang), om in my hande te kyk of ek reg gekyk het. Ek loer versigtig af. Ja, dis dit. Ek draai die boks dwars. Daar is sewe diskette. Dit moet dan die meeste episodes dek; wonder ek, hoop ek, troos ek myself.

Ek sweef af na die teller. Haal my bewys vir die deposito uit. Plaas my plastiek met die meeste geld (dink ek), op die toonbank tesame met my fonds. My gedagtes dryf soos in ‘n droom iewers op ‘n wolk. Alles klink soos musiek rondom my.

Ek pin my kode. Stap by die winkel uit. Loer vir die eerste keer wat dit kos. R1150, nadat my deposito verhaal is. Dis goedkoop! - dis die grootste ekstase wat ek nog, buiten my vrou en my dogtertjie, in my lewe oorgekom het.

In my beursie brand my laaste R250 koopbewyse uit die hand van ons werf se vriendelike Webvoete. Langsaan is Exclusive Books. Ek voel goed. Anders as gewoonlik, vind ek gou-gou iets na my smaak - Complete Idiots Guide WORLD RELIGIONS, Third Edition. Met die balans vat ek Zecharia Sitchin se THE END OF DAYS. My versameling van sy werke is nou volledig.

Laasgenoemde skrywer, tel egter nie regtig onder my top honderd nie. Ek sou niemand aanbeveel om die gemiddelde R80 per boek van hom te betaal nie. Dis maar net die tipe werke wat jy op jou rak moet het, omdat so baie ander daarna as iets gesaghebbend verwys. Marshall Klarfield, het in sy ADAM, the missing link, ongetwyfeld al die saad uit Zecharia, se werke netjies saamgevat.

Dit net so terloops; Zecharia Sitchen se werke, het geen vergelyk met enige van Carl Sagan se werk, Helena Petrovna Blavatsky se Isis Unveiled, of selfs Denise Witchello Brown se A comprehensive guide ANGEL THERAPY nie. Micheal Heiser, se The Bible Code Myth, is noodsaaklike agtergrond vir ‘n ieder wat in Zecharia Sitchin, se onderwerpe belangstel.

Maar, ek kan verkeerd wees!

Ten einde, waar ek gewoonlik ‘n uur voor slaaptyd op die werf gedwaal het, kyk ek nou COSMOS. Ek het nog baie om te kyk - wonderlike sentiment - die koelte in die empiriese, veral na ‘n lang pad in die hitte van die rasionaal. Dankie Carl Sagan! Dankie Webvoet (my koopbewyse tel as afslag op my Cosms DVD's)!

My top honderd na dese (in volgorde):

1. Al my verklarende woordeboeke
2. Die Bybel, Koran, Vedas.. al die Heilige Skrifte op aarde ...
3. Cosmos - Carl Sagan
4. Dispensational Truth - Clarence Larkin
5. Die Geesteswêreld - Raymond Lombaard
6. Isis Unveiled - Helena Petrovna Blavatsky
7. A comprehensive guide ANGEL THERAPY - Denise Witchello Brown
8. A brief history of time - Stephen Hawking
9. "Complete Idiots Guide" WORLD RELIGIONS, Third Edition
10. ADAM, the missing link - Marshall Klarfield
11. ...
12. ...

Hindoe-Moslem-Katolieke groete,

Cornelius Henn

(En waar's die res? Webvoet)

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top