Bokomo-brekfisbrief; 29/10/09: Roosterbrood brand en skoonma se kos

  • 0

Ek is 'n smulpaap. Ek geniet kos en drank en die samesyn rondom 'n tafel wat kreun van lekkernye. Ek lees al die briewe van Neil en oester en ander oor groenvyekonfyt en gemmerbier en ouma se resepte en melkterte en koeksisters en dan wonder ek ... Is daar nog vroue (behalwe daai Pampoen-Perlemoen Sonia en die Huisgenoot resepte-tannie) wat moeite doen met kosmaak? Is dit net ons ma's en oumas wat, soos daai ou advertensie, cook and cook? And for fun we bake?

My ma is 'n uithaler kok. My suster is nie sleg nie, maar sy is nie my ma nie. My geliefde is effens lui in die kombuis, maar haar ma? Die ouvrou kan 'n storm los kook! Dis nie vir my 'n probleem om by skoonma te gaan kuier op 'n Sondagmiddag nie! Properse vleis, rys en ertappels! En as ek gelukkig is, 'n ou pampoenkoekie met 'n stropie oor. Ai. Honger maak ek myself.

Ek het ook baie mansvriende wat beter kosmaak as hulle vroue. Is dit die kaalgat-koskoning, Jamie Oliver, se skuld dat vrouens so laks geraak het in die kombuis? Of Nigella s'n dat mans leer soufflé maak in plaas van braai?

Ek is seker een om te praat. Ek kan skaars 'n eier bak. Ek verband altyd my roosterbrood en braai kan ek ook nie eintlik meer nie. (My seun het daai takie oorgeneem, tot my vreugde.)

Ek sal nogal wil weet watter van die manne wat so goed met die woord is hier op SêNet, ook flink in die kombuis is. Met die kosmaak nou, meen ek. 🙂

Fielies

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top