Bokomo-brekfisbrief; 29/09/08: Seks met Engele

  • 0

 

Seks met Goddelike wesens is van oudsher ʼn bekende fenomeen. In die Germaanse mitologie word vertel dat die helfte van die gestorwe Germaanse krygers na die Oppergermaanse God Wodan sal gaan om hulle voor te berei vir die eindstryd teen die Reuse en Reusinne tydens die Ragnarok. Die ander helfte van die gestorwe Germaanse krygers gaan egter na die Germaanse Godin Freya. Hulle word ontvang in haar saal met die naam Sessrúmnir. Die eerste gedeelte van die woord Sessrúmnir is verwant aan ons woorde ses, seks en saks.

Dat daar moontlik liefde bedryf kon word met Engele in die Hiernamaals, is ook af te lei van die uitdrukking ''Angel's lust''. Mans wat tereggestel word deur ophanging en kruisiging kry 'n ereksie. Dit kom omdat die bloed in die dooie liggaam afsak na die onderste deel van die hangende liggaam. Die hoër bloeddruk in die onderliggaam veroorsaak dan 'n ereksie: Angel's lust. Vroeër is 'n spies in die naakte liggaam van die gekruisigde gesteek direk na afsterwe om die bloed uit die liggaam te laat loop. Dit het 'n ereksie voorkom.

Vergeet ook nie die Moslems nie. Islamitiese martelare ontvang as 'n soete beloning in die Hiernamaals 'n groot aantal maagde. Om wat mee te maak?

Groetnis,

 

Rynard de Voss

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top