Liewe Kwien Liesbet, ek lees in die Times dat u sukkel met skurwe hakke en hande. Hier by ons op die plaas is dit ʼn algemene kwaal, veral in die winter. My ou buurman kla juis vanmôre by my dat hy drie keer huil voor hy klaar gepie het, juis oor sy skurwe hande wat sagte dinge moet vashou en afskud. Ek kan dink hoe bedroef u moet huil met die baie geveëry. Ellendes seg ek vir u, ellendes.
Sy skoene loop hy ook binne twee weke van binne deur - skurwe hakke, Kwien weet. Kan myself indink hoe Kwien moet sukkel met die sykouse. En met die panties! Kyk, as ʼn skurwe hak mos daai valletjies in die hande kry, lyk dit kompleet asof jy met jou broek om jou enkels gevang is. Prins Flip lag hom seker ʼn papie. ʼn Vrou kan mos lelike koue vang met ʼn pantie vol gate, dan's dit ʼn veëry en huilery vir ʼn vale om die kroepketel droog te hou.
Maar, ek het goeie nuus, Kwien. Vroulief het so ʼn paar maande gelede speensalf hier by die koöperasie ontdek. Net in geval u nie verstaan nie: Cows put it on their teties so that they don't become skurf.
Vrou! Wat is skurf in Ingels? Ek skryf vir Kwien Liesbet ʼn brief oor speensalf.
Ruff, my vrou sê dis ruff, Kwien.
Kan Kwien dink hoe orig so ʼn koei moet wees nadat jy haar spene met die salf gesmeer het? So gedink, Kwien, die arme koeie moet heel katools wees. Jy vryf elke oggend en elke aand haar spene en gee haar dan net ʼn klap op die boud wanneer jy klaar is. Hou maar vir Prins Flip weg van die salf, en jou spene, Kwien.
Kwien moet ook versigtig wees wie die speensalf aan die voete en hande smeer. Oom Lang Jaap van Gobabis het juis laas Sondag gedoop, oorie salfsmeerdery. Glo een van die bar-meisies oppie dorp se voete en hande bietjie met die speensalf gemasseer. Dinge het warm geraak en oom Lang Jaap sê toe dit by reverse gear kom, toe gly sy clutch in sy moer in op die gladde oppervlak. Ek dink nie Charlie sal van ʼn nuwe sussie hou nie.
Miskien kan Kwien vir Cam ... uh ... Cham ... uh ... Perdebek vannie salf gee, dalk gly ou Charlie se clutch ook so bietjie en dan het julle ʼn nuwe vulletjie daar innie paleis - hehehe.
Tant Gesie van Kamanjab sê die speensalf help ook vir aambeie. Ek dink Kwien het seker baie las daarvan, daar's altyd so ʼn pynige trek op Kwien se gesig oppie foto's. Kwien moet maar altyd ʼn handskoentjie aantrek met die smeerdery, ek dink nie Prins Flip gaat daarvan hou as Kwien sy mond afvee en Kwien se hande ruik nie lekker nie. Tant Gesie se kinders het weke lank daaroor gekla. Iemand het klaar ʼn strontstrepie onner ou Flip se neus gelos, kyk net hoe trek sy neus boontoe oppie foto's. Het hý aambeie?
Vroulief het bietjie vannie salf in ʼn sakkie gesit wat ek saam met die brief stuur, dis van die wat oorgebly het noudat tant Gesie se aambeie gesond is, Kwien moet dit maar probeer en laat weet of dit werk.
Ek moet nou afsluit, Blommetjie staat hier voor die deur en wag om gemelk te word. Sy beweeg nie ʼn tree sonner dat sy die blikkie speensalf in my hande sien nie. Vroulief sê my hande is heerlik sag van al die speensalf, so ek weet nie hoekom Blommetjie nie daarsonder wil melk nie.
Dit was lekker om so met Kwien te gesels, ons moet dit meermaal doen. Ek sal van nou af elke week skryf.
Swerwer


