Bokomo-brekfisbrief; 29/03/2010: IT wys als

  • 0

inligtingskommunikasietegnologie is, seer serieus,
een massaal-massief, komies-ironies, ideo-progressief,
een rojaal-digitaal waterval, woordwonderkarnaval,
waar taalsterkte, ophefwerke, onderrigmedium,
universiteitsopvoeding, makro-Malemanisasie,
neo-nasionalisme, byna op Mugabeïsties' peil,
tenderpreneurs, pseudo-slinks, Handves probeer omseil;
kanti, hul onkunde-ontkenningsindroom-ontkenning,
vennote se Duiwelspiekdissipelskap, eisj, verduiwels,
oop en bloot, tot op die been, spierwit, ontbloot word

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top