... vind die belangrikste deel van ’n kind se opvoeding by die huis plaas. Dit wat ’n mens nodig het om ’n suksesvolle, gelukkige mens te word, word selde in die skool geleer. Dinge soos ’n liefde vir lees en die natuur, ’n honger na kennis, goeie werketiek, sosiale vaardighede, entrepreneurskap, integriteit, koördinasie, tydsbeplanning en goeie taalvaardigheid en getalbegrip word tuis geleer. Ses ,sewe of agt onderskeidings is baie oulik, jy kry ’n geldelike hupstoot wanneer jy gaan studeer, maar verder beteken dit nie veel nie.
My uitkyk is bietjie radikaal. Dit is my persoonlike opinie dat jy jou kind geen guns doen om haar in ’n wit Afrikaanse skool in ons land te plaas nie. Die wit Afrikaanse skole wat kamtig sulke goeie uitslae kry doen dit met uitgesoekte leerlinge en hulle kweek rassistiese, snobistiese jong mense. Ek dink ’n skool in ’n klein dorpie met limited resources wat goeie uitslae kry of ’n stadskool wat ’n klomp plakkerskampkinders deur matriek kry, is ’n baie beter ’n stadskool soos bv Pretoria Afrikaanse Hoër Meisieskool. Tog wil mens dat jou kind in ’n gedissiplineerde, veilige omgewing skoolgaan, waar sy haarself kan uitlewe en haar potensiaal kan bereik.
Voordat ek my kind in ’n privaatskool sit, neem ek eerder daardie R40 000 per jaar en belê dit vir 10 jaar en begin ’n besigheid saam met my kind, wanneer hy/sy in graad 10 is en wat hy kan oorneem wanneer hy/sy klaar geswot het.
Ek wonder ook na watter skool my kleinkinders eendag moet gaan, maar daardie probleem sal maar met gebed en wysheid opgelos moet word wanneer die tyd daar is. Die Bybel sê dat mens jou nie moet bekommer oor die dag van more nie ...
Ek wonder ook daaroor of ouers hul kinders moet aanmoedig om Sjinese maatjies te maak en of hulle Mandaryn-lesse moet neem.
Sterkte met die groot taak.
Vega


