Bokomo-brekfisbrief; 29/01/2010: Bly of gly

  • 0

 

Ag jirretjie tog; hoe nou gemaak? Moet ek bly of moet ek gly? Ek leef dan so lekker hier. Ek drink elke oggend ordentlike espresso by die gallonne; my internet is vinnig; almal is so ordentlik en vriendelik; (byna) almal gehoorsaam die verkeersreëls. Maar tog - dis alles so vervelig en voorspelbaar. Kan ek dit vir die volgende 30, selfs 40 jaar verduur? Natuurlik! Maar hoekom sou ek? Hoekom sou ek wou? Want sien, toe kry ek mos ‘n e-pos met ‘n aanbod aangeheg. Congratulations, sê die e-pos. Sou ek wou, kan ek binnekort terugkom huis toe as dosent (met daai gesogte P-titel) aan een van SA se mees "internasionale" inrigtings. Ek is ‘n relatiewe jongeling - ek was nog in doeke toe Carter Amerikaanse president geword het - en my lewe en loopbaan lê voor my oop.

Hier is dit rustig maar vervelig; daar is dit onvoorspelbaar maar opwindend. Ag jimmel, hoe nou gemaak? Die aanbod brand ‘n gat in my sak. Ek kan my kollegas nie meer in die oë kyk nie. Ek moet binnekort ‘n besluit neem.

Ek mis RSG; ek mis Afrikaans; ek mis die Spur se ribs; ek mis mooi Afrikaanse jongelinge wat ondeund glimlag; ek mis nie die misdaad nie. My onwetende familie vra gereeld wanneer ek terugkom huis toe. Wat sal my antwoord tog wees?

Willempie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top