Iewers kan daar dalk ‘n baba rondloop met die naam van Eishkom Khumalo. Of Beurtkrag van der Merwe .... en so aan. En hulle is nou almal ‘n jaar of naastenby daar rond oud.
Dit is die gevolg van Januarie 2008 se massiewe kragonderbrekings weens Eskom se benarde posisie ten opsigte van kraglewering. En dit het ma en pa - getroud of ongetroud - met geen keuse gelaat nie as om mekaar van oor weer beter te leer ken. Ma is in die proses vergewe vir ‘n ekstra vetrolletjie om die lyf. En pa het vergifnis ontvang vir die boep wat vinniger as bankbalans gegroei het.
Jan Tuisbly se karretjie was hul voorland. En het paartjies die geleentheid gebruik om die liefdeskar (boot?) te rev. Kyk, hulle kon nou nie uitgaan nie, of televisie kyk nie, of DVD's uitneem of gaan kuier nie. Dit was onheil met al die donkerte.
Die volk het met hul beursies gestem en kragopwekkers gaan koop. Ongelukkig het sommige omies, nefies, jong latte en dies meer toe meer gekry waarvoor hul gaan soek het. Hulle het ook opgewek geraak, en hier teen einde September maak ons eerste beurtkrag babas hul opwagting.
Vir eens het die agbare vrouens ‘n verskoning - Eishkom. En kyk hul gesigte indien jy hulle vra is dit ‘n ongeluk of die nagevolge van Eishkom se beurtkrag.
Beurtkrag of nie - iewers het ‘n paar vonkproppe werklik gespark.
Dit getuig die klein voetjies in die stootwa beslis.
Yuri


