Bokomo-brekfisbrief; 28/09/08: In die geheim

  • 0

 

 Liewe Geheime Vriend,

Soveel mense verlang dat jy jouself op 'n sekere manier moet gedra sodat hulle goed kan voel oor hulleself. Hulle veroordeel jou vir jou selfsugtigheid. "Hoe durf jy so selfsugtig wees as om te doen wat jou laat goed voel? Jy moet doen wat ons laat goed voel!"

Jy is van jongs af al oortuig dat jy nie slim genoeg is om te weet wat jy wil hê nie en dat iemand anders jou besluite moet neem ... Jy kon nie in hierdie kultuur en tye leef sonder om massiewe inligting daaraan verwant te ontvang nie, net soos mense reageer op wat jy doen en sê.

Baie mense sal sê "Moenie selfsugtig wees nie". En wat hulle bedoel is "Stel MY selfsug tevrede, nie joune nie. Ek sal baie gelukkiger wees as jy dinge op 'n manier doen wat MY gelukkig maak." En so, die beste geskenk wat JY enigeen kan gee, is om in totale onkondisionele liefde te lewe. Met ander woorde, deur hulle lief te hê, al blyk dit dat hulle jou nie liefhet nie omdat jy nie die nodige dinge doen wat hulle nodig het om jou lief te hê nie.

Dit maak nie eintlik saak watse geloof enigiemand volg nie. As hulle leefwyse vir hulle werk (en daar is baie verskillende benaderings wat baie goed werk), hoekom hulle nie dan toelaat om te glo wat hulle wil glo en te wees wat hulle wil wees nie? Alles werk soos dit is en moet. Daar is gelowe waarmee jy niks te doen sal wil hê nie, wat perfek werk vir dié wat daarmee betrokke is. En derhalwe is dit dan 'n goeie ding. Elke geloof op die aarde het die potensiaal om te floreer (en daar is sovele meer as waarvan jy bewus is), maar wanneer jy dink jy moet bewys dat jóu geloof die enigste een is wat reg is, en jy gebruik jou veroordeling om daarteen te veg, dan skei jou veroordeling jou van jou verbinding met jou eie geloof.

Die wêreld neig na uitdruklike gelykvormigheid of eenvormigheid, wat enorme ergernis en droefheid vir die mensdom veroorsaak. Dit is die kern van alle geloofsveldslae en geloofsveldslae is die kern van al ons veldslae. Met ander woorde, al die oorloë en globale irritasie wat ons met mekaar voer gaan oor ons vasbeslotenheid om gelykheid en eentonigheid te bewerkstellig. Ons demokrasie hou vol dit is die enigste regering wat reg is en elke geloof (interessant genoeg) hou vol dat dit die enigste een is wat werk.

Elke greintjie daarvan gaan oor ekonomiese nagevolge. Elke deeltjie, sonder uitsondering. Alles omtrent geloof gaan oor ekonomiese nagevolge. Alles polities gaan oor ekonomiese nagevolge. En alle ekonomiese nagevolge gaan oor persoonlike satisfaksie. En elkeen is persoonlik gemotiveer om die beste vir hulself te doen.

Geeneen sal ooit 'n ander seermaak as hulle gekonnekteer is met die Bron van alles nie, want wanneer jy een is met die Oorsprong van alles, voel jy nie onseker of onveilig nie. En wanneer jy nie onseker voel nie, is dit nie nodig om iets te doen aan iemand vir wie jy bang is nie, want jy is nie bang nie.

Jy is Hier in Hierdie Liggaam Omdat dit Jou Keuse Is.

 

Jy wou die kans hê om hierdie heerlike kontras in tyd en ruimte te ondervind en met groot afwagting het jy gekom om saam te skep met ander wat nastreef, om die proses van bewustelike denkwyse te verskerp. Jy kan vryelik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou wasdom sal jy bytel tot Alles-Wat-Is.

Jy verstaan dat Welwillendheid joune is.

Groete,

Maree de Wet

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top