wie’t ooit kon dink, Twintig Tien,
een lang winter, slange sterf oppe streep,
Mens styfvas in Boosheid se greep,
moraliteit, waardes, bra beneep
te min wil nog eerlikheid besing,
aan Een Skepper opreg hulde bring,
ontslae raak van Duiwelsverering,
Eerste Mens, selle tyd, herstel,
Reposisioneer, in geskied’nisgalery,
Azania, oplaas terug, innie statery
wie’t ooit kon dink, ‘2-K-10’, ‘lishumi’ by ‘Y2K’ v’by,
Irak se goud alles by Bush, Obama soek vir Osama,
Oswald Pirow, DF Malan, Hottentots-Nederland,
so on-Afrikaans, so on-Kontinenties, soos “isiBhulu”,
so pejoratief soos “Boesman”, soos “Kwêrrie Kwadraat”,
raak werkers rewolusionêr, vir Gini-koëffisiënt te laat
wie’t ooit sou kon dink, Twenteg Tien,
sal Mens Mens Self weer mooi wil sien,
innie spiegel, so vol raai-raai-raaisels,
Millennium Drie fantasie, onwerklik,
te veel kinners onkundig, oningelig,
te min Mens staar feite innie gesig,
te veel gewetenloos, veramnesifiseer,
vergeet waar Gewete, vergete, verlore,
buite werking, ontkrag, sedeloos verkrag,
verkwansel, algaande, al meer, gefaal’t,
esoteries, eties-moreel, nie paal gehaal’t,
Mens gewetenloos, verward, verword’t,
nie meer kan, of wil onthou wat gebeur’t
wie’t ooit kon dink, dese tyd, Twintig Tien,
Mens sal in groter getalle hul gat begin te sien,
osoonlaag nie onafhanklik van Skepping, Paradys,
waar gaan bere dan heen, sonner kos, sonner ys,
orang oetangs sonner oerwoud, raak dinge woes,
paradysvogels, panda’s sonner soet bamboes,
bly selfs Groen Gewete, van Mens, hoogs verroes,
sou Mens dink Mens dink retrogressief, prehistories,
onbehulpsaam, onkreatief, ultra-Duiwelsprekêrrig
wie’t ooit sou kon dink, Twee Nul Een Nul,
groter geheelbeeld nog in geheim’nis gehul,
Mens te lief daarvoor, mede-Mens te kul,
materieel, materialisties, vermaterialiseerd,
niks meer NB, ja, as blieng, blieng, blieng,
Millennium Drie oorlewendes, top topfiksstes,
vannie laaste paar fiksstes, sterkstes, slimstes,
glo selfs geldmag sal hul veilig, weerbaar, hou,
glo hul kan hul oud-Mes’laar-leierskap vertrou,
deur pleknaamboosheid Duiwel daar bo te hou,
aan sy lis, sy lus, sy leuens, submissief, getrou,
terwyl Mens oorlog op TV in presies dieselfde lig,
assie een dour anie einde vannie tonnel beskou
wie’t ooit kon dink, Millennium Drie,
God nie meer in Gondwanaland vereer,
al is daar globaal steeds net Een Heer,
Een Hoogs Geheim, Geheimsinnig,
Allah, Magtig, so Hoog, Bowe Allemal,
Vader van Liefde, Lewe, Vyand van Dood,
Verskaffer van Krag, Essensie, Lewensbrood,
Sy Genade ons Verlossing, uit apartheid,
uitie bedrogspul van Self-destruksie uit
Jacobus Faasen


