Nou die dag stuur iemand vir my ʼn storie wat op ʼn Australiese radiostasie uitgesaai is.
Die man en vrou besoek ʼn kunsgalery in Skotland. Hulle sien toe ʼn skildery van drie swart mans (African Americans) nakend op ʼn bankie sit. Die twee begin toe ʼn moerse relaas lewer oor die onreg van trekarbeid, slawerny en onderdrukking van die swart nasie. Hoe hulle uit hul "heimat" ontvoer is en die wreedhede wat teen hulle gepleeg is. Ewe skielik slaan die vrou se asem weg, want sien, een van die manne se penis is wit/pienk. Toe begin die gesprek eers. Naderhand seg die vrou hulle moet die galery-bestuurder vra hoekom die een se penis nou ligter gepigmenteerd is.
So neffens agter hulle staan ʼn man en seg toe, dit is nie nodig nie, hoekom vra hulle nie die skilder self nie. Die vrou vra nou waar is die skilder, waarop die ou antwoord dit is hy. Die vrou vra toe summier, nou wat is die storie van die een ligter gekleurde penis vir die swart man?
Nee, haak die skilder af, dit is nie African Americans nie, maar drie Skotse steenkoolmynwerkers.
Nou van waar die andersgekleurde penis?
Nee, seg hy, twee ouens het hul etensuur by die kantien deurgebring; die ander een is oor sy etensuur gou huis toe.
Reusedwerg


