Dis ʼn donker aand aan die koue hange van die Berg. Dit reën en die strate lyk verlate. Dis moeilike tye. Almal is in die skuld. Almal kak en betaal.
Skielik daag daar ʼn hardwerkende Gautenger op.
Hy stap in een van die baie leë bed and breakfasts langs die Berg. Bribe R100 vir die nagwag vir ʼn bed vir die aand, en stap binne op soek na ʼn warm bed.
Die nagwag gryp die R100 en gaan betaal sy skuld by die drankwinkel.
Die drankwinkeleienaar neem die R100 en gaan betaal gou sy kruidenier.
Die kruidenier vat die R100 en gaan betaal sy diesel by die garage.
Die garage-bestuurder gryp die R100 en gaan betaal die prostituut om weer sy manlikheid terug te koop.
Sy neem die R100 en gaan settle haar bribe met die nagwag vir die kamers vir haar dienste.
Presies op daardie oomblik kom die Gautenger terug na die nagwag en verduidelik dat die kamers heel goed lyk en dat hy liewer ʼn volle bespreking by die eienaar van die bed and breakfast wil maak.
Die nagwag sê "Not a problem" en gee die R100-bribe terug vir die Gautenger.
Niemand het iets verdien nie.
Nietemin, ʼn hele klomp slaap weer rustig aan die hang van die Berg.
Die toekoms blink weer.
Daar is weer optimisme aan die hang van die Berg sonder skuld!
Dit mog ʼn urban legend wees, tog, dis waar.
Uit die kinderkamer
Simson de filantropie hoener oppie onnerste stok


