... en almal met harte.
Malaria, is ‘n siekte wat jou oorkom as ‘n muskiet wat die parasiet dra, jou byt.
Palaria, is die teenpool daarvan. Dis iets gesond wat jy nie oorkom as jy nie ‘n muskiet byt wat nie die parasiet dra nie ... of so iets ... natuurlik iets heel (be)staanbaar, sou jy Francois Williams se oer oue yin yang, of Neels (Husky) Visser, se vele interessante uitlate oor teenpole kop toe vat.
Eng omskrywinge van begrippe in terme van teenpole, is niks anders as pyle in enige fundamentalis se koker nie. Van kleins af word ek (en ‘n menige ander), gebreinspoel en onderdruk deur fundamentaliste met hul kdk van wit/swart, goed/kwaad, slim/dom, ryk/arm, hemel/hel ... maak nie saak of dit Calvyn se Christelike Nasionaliste, of Bin Laden se baardpatrollies is wat die kdk bedink nie. ‘n Fundamentalis sal jou lewe neem, of dit vervloek, bloot op grond van hul absolute siensdwalinge in hul selfgemaakte (twee) pole.
En dis wat dit is, dwalinge; maak nie saak hoe oud dit is nie.
Omvattende kontroleerbare studies en kennis (vir die wat vreesloos die lewe beleef), bewys nie die "teendeel" van hul dwalinge nie. Dit laat nog ‘n wyse om sinvol na ons bestaan te kyk.
Wetenskaplikes weet sedert Einstein reeds dat relatiwiteit, tydsgebonde is; en dat tyd, gravitasie gebonde is. Geen hart ervaar geloof en ongeloof in dieselfde oomblik nie. Jy raak mettertyd gelowig, of jy raak mettertyd ongelowig. As (twee)pole op dieselfde oomblik op dieselfde plek gebeur, noem ‘n mens dit ‘n ongeluk.
Daar is mos ‘n tyd vir alles ... en dan is daar menige faset tussenin ... soos die vlakke van 'n geslypte diamant ... enigeen van die menige verskillende gesigspunte van 'n saak ...
Die feit dat tyd, gravitasie gebonde is, het eers in die laaste dekade ‘n bepalende rol in die alledaagse tegnologie begin speel.
Tyd verloop stadiger hoe groter die gravitasie krag; en versnel weer die ruimte in. Hoe nader ‘n mens aan die aarde se as is, hoe stadiger verloop tyd. Dis natuurlik ou nuus vir almal op die vlakte langs die Berg. Nie net is die aarde se omtrek kleiner daar nie, hulle is ook heelwat nader aan die aarde se as.
Met die ontplooiing van satelliete vir die gebruik van ons alledaagse GPS'e, het die feit dat tyd stadiger 20000km die ruimte in verloop, groot kopseer vir wetenskaplikes op die aarde meegebring. Dit het die akkuraatheid van GPS'e, erg belemmer. Gewone GPS instrumente is gemiddeld skaars 5 meter akkuraat vanweë die tydsverskil tussen die satelliete en die aarde se oppervlak op sy verskillende breedtegrade.
Brian Greene, is een van die voorste wetenskaplikes rondom tyd en gravitasie (al sukkel hy om brein in Ingels te spel - dis mos Brain; nie Brian nie).
Lees gerus hier meer (soos in regtig), vir ‘n sinvolle agtergrond rakende hierdie lewens noodsaaklike onderwerp.
Behalwe dat tyd, yin yang fundamentaliste se twee kaarte erg deurmekaar krap, bring dit tydsreise (time travel), binne die mens se bereik in die afsienbare toekoms. Dit verklaar ook die wesens in ander dimensies (engele en gode), se vermoëns om ligjare te oorkom in hul reise.
Mettertyd (naby of ver weg van ‘n black hole), sal die Opperste van alle dimensies, Homself aan ‘n ieder openbaar.
Hindoe-Moslem-Katolieke-groete,
Cornelius Henn


