Bokomo-brekfisbrief; 27/11/08: Ek bewonder vroue ...

  • 0

 

 

... soos Ook 'n Limeriekskrywer, Leandré en Ellen Botha. Vroue wat die besluit geneem het om die hartseer en pyn van die lewe te verwerk en nie toe te laat dat dit 'n sweer word wat naderhand te moeilik is om te genees nie.

Ek ken mense wat met onvergewensgesindheid in hulle harte loop wat die bitterheid soos 'n muur om hulle laat groei. Ek weet nie hoe dit moet voel om 'n kind aan die dood af te staan of iemand naby my aan selfmoord nie. Ek het niemand in my familie wat bipolêr is of aan depressie ly nie. Ek het nie 'n clue van baie swaarkry nie.

Een ding het ek gesien, en dit is dat mense wat deur die lewe se meul is, baie sagter anderkant uitkom. En dat God altyd vir mense die krag gee om daardeur te gaan, geen pyn hou vir altyd aan nie. And pain is never wasted.

Toe Ellen vir ons leke-kommentaar gegee het oor limerieke, het sy elkeen goed laat voel oor hulleself en hulle aangemoedig. Sy het die gawe van affirmasie - jammer, ek kan geen beter woord vind vir wat ek bedoel nie. Dankie, Ellen. Intussen het ek ook jou versies in Gerrit Komrij se boek ontdek. Lekker.

Leandré, jou brief aan jou lovey het my en twee van my dogters in snot en trane gehad. Elkeen van ons is geseën met 'n man uit die hemel. Ons kon so identifiseer met jou, al is hulle nog net twee en drie jaar getroud. Dit wat jy het is al bekend vir hulle en is dit waarna hulle uitsien - om saam met die mens wat jy liefhet, oud te word.

Ook 'n limeriekskrywer, ek wil dankie sê vir jou positiewe uitkyk en bydrae hier, dis vir ons 'n voorbeeld om na te volg.

En boonop het julle die gawe om so briljant te skryf dat dit vir ons 'n voorreg is om julle briewe te lees.

Vega

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top