Bokomo-brekfisbrief; 27/09/09; Yuri oor Pret in Pretoria

  • 0

Genade Yuri!

Enige iemand wat vir 'n tydperk in sy lewe in die Jakarandastad gebly het sal vir die res van sy lewe mooi herinneringe oor hierdie besonder plek koester. Daar is tog baie gemengde gevoelens en die grootste seerkry in my lewe sal vir altyd aan Pretoria gekoppel word. Ek word nou nog beangs as ek deur Brooklyn ry, want die hartseer en verlange het ek net daar gelos voor ek oor moes begin met my lewe.

Ek het onlangs weer in die middestad opgeëindig en gaan rondloop op Kerkplein. Ook een van my vele vryplekke. Ek hoor altyd hoe gevaarlik dit daar geword het, en oor die algemeen dink ek dat die duiwe wat so lostrek oop oom Paul beslis 'n man se dag kan ruïneer as hulle raak mik en jou kop tref! EK het vir 'n ruk in Groenkloof gebly, en daar was 'n pragtige parkie in die area, met bokke en 'n dam. Help tog, ek kan nie die plek se naam onthou nie! Natuurlik ken ek fonteinedal ook en LC de Villiers se sportsgronde, alhoewel nie 'n park per se nie, was beslis hoog op die lys van vryplekke! Moet dan ook nie Fort Klapperkop en die Voortrekker Monument se tuine vergeet nie. Selfs die Uniegebou se tuine was pragtig toe ek onlangs daar was!

Ja, ek mis my Pretoria - dae, maar ek is al tien jaar in Johannesburg, en die herinneringe begin stadig maar seker te verdwyn. Hulle het so verander en gewerskaf deur die jare, dat Hatfield selfs vir my na 'n hele nuwe stad lyk as wat ek kan onthou.

Om die een of ander rede het Johannesburg vir my 'n heeltemal ander charm, en ek geniet my tye hier opreg!

Ons is darem net so paar kilo's van julle geleë, maar die verkeer maak dit onaangenaam om so gereeld heen en weer te reis. Daarom verkies ek die makliker opsie en ontdek tot vandag toe nog nuwe plekke in Johannesburg!

Groete,

FB

(Dink jy aan die Austin Robberts voëlpark? Of miskien die Jan Cilliers-parkie? Webvoet)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top