Bokomo-brekfisbrief; 27/08/2010: Hoe sê jy?

  • 0

Vlieg ek oor sommer om te loop kyk of die sin van my bestaan nog ok is. ORT toe.

Mens luister mos later nie meer na die veiligheidsboodskappe nie. Want jy weet mos jy moet jou kop iewers indruk waar dit nie normaalweg hoort nie en jy ken mos vliegtuie se binne-en buitekante, so jy vermoed jy sal jou pad na die nooddeur kan kry ingeval die bleddie ding se motore in die lug gaan staan. Maar, so beduie daai vrind van my wat destyds Mirages en dergelike goete gevlieg het en nou iewers vir een of ander vreemde lugmag wildvreemdes probeer oorwin: “Man, kyk, as daardie motore gaan staan het hierdie ding die aërodinamika van 'n baksteen".

En ek wonder toe oor die sin om daardie gordel te dra. Want as daai manne wat so graag vreemde vroue wil bykom (ek sien hulle verhoog die getal maagde nou na iets in die 70, so hulle hou darem tred met die tye) besluit om hierdie ou vliegtuigie te wil opblaas gaan hierdie gordeltjie nie veel help as ek stoel en al grondwaarts keer nie. Nie dat ek in daardie toestand gaan worry oor wat onder my stoel my gaan help float nie. Seker maar daar om mens gerus te stel, so sit maar die ding aan, ok?

Dus luister mens mos maar net met 'n halwe oor en jy lees maar oor die stakings en iets om die tyd om te kry.

Jy vang dit nie dadelik op nie maar jy het tog reg gehoor toe die dames met die mooi grimering en die mooi ***** beduie van die maskers wat gaan uitkom. "... oxygen wil by supplied free of charge ..." WTF? En jy kyk na die persoon langs jou en toe weet ek ek het nie verkeerd gehoor nie.

Nou, (en ek gaan die redery se naam weerhou) mnre ******, het ek reeds betaal vir die suurstof of gaan julle my laat betaal as die NSRI of ER24 my liggaam opgepik of uit die rommel uitgekrap het? Kan mens bie vir die suurstof of is dit "first come first serve" soort van ding? Gestel ek bie en die bod word toegeslaan op die punt waar die deure die ewigheid invlieg? Ek wonder ...

Toemaar, ek weet die man het homself weerspreek, hehehehehe.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top