Soos gesê, Hans het 'n anderste manier met vroue werk. Hy is, om dit in kort te stel, 'n vark waar dit die beter spesie aan betref. Want sy vroue moet ken van werk. Soos sy kinders en werkers en, wel alles op sy werf. Daar is verskeie gerugte oor hoe hy te werk gegaan het met Hessie, maar dis gerugte.
Soos dit mos maar gaan met mense wat begin ou kant toe staan het hulle toe mos maar "boarders" ingeneem want die klogoete is die windrigtings in en die kasarm is nou leeg. Want Hessie het mos tog hulp nodig om te help met die natmaak en die koskook en, wel, alles en nog wat. Maar hierdie "boarder" het nie maandeliks huur betaal nie. Nie soos in die tradisionele manier van betaal nie.
S het intrek geneem en toe soort van, mmmmm, ingetrek.
En, snaaks genoeg is S altoos soos 'n skaduwee waar Hans is. Is hy in die veld dan is kry jy haar maar naby. Gaan hy Ge-org toe vir parte is sy maar by. Gaan Hessie dorp toe is S by om te help om die goete te karwei. En so maak Hessie maar S se "voorkind" groot. Nugter weet wie die pa is, maar almal in die omtrek het 'n gedagte maar praat nie hard daaroor nie. En nee, selfs onder eed sal ek hard moet dink oor my eie vermoedens.
Annerdag ry ek die pad berg se kant toe om te loop kyk na my turksvylanings en ander goete en toe dog ek ek kom sê maar dag en kyk of Hans in die omte is. So met die stofpad se aankom sien ek die gordyne beweeg maar ek maak of ek van niks
S klim uit en ek
"Middag, S, is Hans in die omtrek?"
"Ja, die oom is hier binne, hy het bietjie gerus. Ons was besig vanoggend en die ou was bietjie gedaan." En so met die uitklimslag sien toe tog dat Hans hard gewerk het. En ek wonder of sy hom as hulle alleen is ook "oom"?
Nou ja, kyk, as jy teen twaalfuur gedaan is en moet rus bekyk ek jou van 'n ander hoek af. Want of jy het nagskof gedoen of jy het, nee, daar is nie regtig ander verskonings nie. Of, wel, dalk het hy tog nagskof gedoen, nè?
Hessie? Sy is klaarblyklik heel in orde met die reëling. Of is sy regtig? Sy is mos maar een van die stoere vroue wat maar binnekant toe huil.
oester


