Bokomo-brekfisbrief; 27/03/2010: Die mooiste geluide in Afrika

  • 0

Terwyl Afrikaan allerhande bog oor die Afrikaner se gebrek aan monumente kwytraak hier op die Sê is ons druk besig om ons toerusting vir ons tog om Afrika te toets en te beproef. Ons was so pas in die Baviaanskloof en ek kan rapporteer dat alles werk! Ek het weereens bevestig dat twee van die mooiste geluide in Afrika die volgende is:

• die roep van 'n visarend en
• 'n National Luna yskas wat mooi loop!

Die Baviaanskloof is 'n Wêreld-erfenisterrein met oor die 2 000 verskillende spesies waarvan oor die 800 endemies aan die gebied is. Dit het my laat wonder of Noag ook al 800 endemiese spesies op sy ark gehad het om te verhoed dat hulle uitsterf in die groot vloed?

Op die foto hieronder sit vroutjie voor die Cruiser in die Baviaanskloof.

Dit is nou slegs 4 weke voordat ons vanaf Kaap Agulhas vertrek.

Groetnis,

Thomas

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top