Godsdiens is nie ‘n debat nie. Godsdiens is nie afdwingbaar nie. Godsdiens is nie selfsugtig nie. Godsdiens is nie in ‘n boksie nie. Godsdiens is nie kind, tiener, grootmens of ou-mens nie. Godsdiens is nie ‘n grensdraad nie. Godsdiens is nie ‘n kerk of skool nie. Godsdiens is nie ‘n mens nie.
Godsdiens is ‘n lewendige lewenswyse van die Wese (ongeag wat jy die Wese mag noem) binne jouself wat jouself lewensvatbaar maak en lewensvatbaar behou binne hierdie dooie lewensloop wat ons menslike lewe noem.
Sonder Godsdiens (ongeag die keuse) is en bly jy swerwend - lewend-dood vasgevang binne jouself.
Kinders moet dus aan alle godsdienste blootgestel word, waarby hulle sal leer om self ‘n besluit te kan maak en so ook ander se besluite te respekteer. Anders as sekere grootmense op hierdie forum wat nog nie geleer het hoe om ander se Godsdienstige oordeel te respekteer nie!
Groetnis,
Sue
NS Tannie Griffelpoot, hetetjie tog, kan ons nie eerder s'blief oor pawpaw-slaai of iets anders argumenteer nie?
(Nou maar toe. Begin vir ons ‘n gesprek oor pawpaw's, my darling. Al wat ek kan toevoeg - dié goed ruik vir my na vrot sokkies. Stinkvoet)


