Bokomo-brekfisbrief; 25/09/2010: umZabalaza

  • 0

sou’k’t deegliker kon beskryf,
beter uitdrukking aan emosie kon gee,
was daar in vers maar net bietjie meer lyf,
op pad na proteskunde nog ‘n halwe tree

van rewolusie weet meerderheid veel min,
NDR nie juis gesinsgesprekspunt by aandete,
Party, beleid, rigting, strat-ops-inligting oningewin,
Duiwelsdissipels ontken mos verlies van Gewete

nou vra’k jou, mede-Mens, waffer rigting,
hoe loop roete, waar’s Vadis, Pad van Lewe,
hoe vind Mens weg terug na Gewete-herwinning,
hoe maak Mens Mens los van onkunde-ontkenning,
in die gange van Guantanamo, tussen Pollsmoor-nommers,
op slagveld van Ground Zero, tussen ruïnes van Afrika-ryk,
in Franschhoekvallei waar Eerste Mens voorheen floreer het

eggo krygsteorieë nog, oorlogskamerhaatspraak, uitwissingstrategieë,
van Van Plettenberg, Botha, Bush, Mugabe, Zuma, Mao, Stalin,
leiers wat die meerderheid met politiek retoriek ommie bosch gelei’t,
subtiel, en minder, skakels in Millennium Drie se Oorlewingsfilosofie:

moet nooit toelaat dat jou vyand jou van stryk bring,

of via IT jou kinders se koppe, siele, binnedring,
hulle stelselmatig uit jou domein uit verwyder,
teen alles eie in opstand kom, onomkeerbaar,
onverstaanbaar, onverklaarbaar, maar waar,
Mens sal feite feitelik innie oë moet staar,
al word ANC-NDR aan elk lamppaal opgehang,
al bly Mens nog skytbang vir Paradys se slang,
rewolusie is nie meer wat Mens gedink’t was,
of wat Mens ooit gehoop’t ‘t sal of sou wees
enigste Zabalaza wat berus op spiritueel besinning,
syn Gewete-herwinning, sosio-ekonomies omwenteling,
vir Mens wat wil lofprys en sing, sekuur in die Binnekring

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top