Bokomo-brekfisbrief; 25/05/2011: Die littekens van ons tye

  • 0

Kom ons speel crooked cowboys.

Daar is baie see vir visse.

So vry soos ’n rookpluim in die lug.

Aan die eetstokkies tel ’n mens die boom.

Daar is baie see vir visse.

Dit staan soos ’n mynskag bo water.

Aan die eetstokkies tel ’n mens die boom.

Dit sal gebeur as die horings renosters kry.

Dit staan soos ’n mynskag bo water.

Met die maat waarmee julle vreet, sal julle weer opgevreet word.

Dit sal gebeur as die horings renosters kry.

Dis reeds die voet van die ysberg.

Met die maat waarmee julle vreet, sal julle weer opgevreet word.

So vry soos ’n rookpluim in die lug.

Dis reeds die voet van die ysberg.

Kom ons speel crooked cowboys.

Adriaan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top