sonner’m koddig, snaaks te wees,
t’leef, vitaliseer, t’probeer Leef,
‘s ’n groot Saak, Geskied’nis,
kort storie oor ’n lang Storie,
vrae, veel meer as antwoorde
Mens se rot-resies, toeg’wydheid,
aan b’reidheid, Self so prys t’gee,
uiters domnooslik, ongeërg, dikvellig,
koelbloedig, immoreel, onpatrioties,
“Duiwelspiek”-georiënteerd, stip,
onkunde-ontkenningsvererend,
in Azania se amnesia-akademies,
lofprysinge t’sing vir plig, v’rpligting,
vir eis, losprys, van struktuurg’weld,
t’bonga die voortsetting, kontinuasie,
van skeiding, apartheid, pseudo-segr’gasie,
v’rdeling, oorheersing, van God se Eie Nasie
luister Mens, voorafb’dag, nie meer na God,
dwaal g’loofsleiers in Grand West, Sun City,
in gange van dobbelhole, hoerneste, rond,
probeer só geloofwaardigheid, legitimiteit,
sjee, verleen, attasjeer, aan sjatan se stront
Jacobus Faasen


