Bokomo-brekfisbrief; 24/11/09: 'n Tydjie lank gelede

  • 0

Daar was 'n tyd wat indien dit gemeet kon word, lank gelede was. Tog, indien 'n mens daaraan dink, is dit soos gister.

Dit was die dae toe daar nie soveel soorte gemors pap verkoop is nie. En die stapel van die oggend was mieliepap, gemeng met heuning, of gestoofde droë vrugte of net 'n tiksel ProNutro bo-op.

Dan was daar sy kompetisie - Tiger Oats - die voorganger van Jungle Oats. En dit was koningskos. Melk en suiker het die ding gedoen.

En dan was daar dae wat 'n mens Maltabella kon eet. Dit was veral 'n lekker ontbyt in winter.

Nou vandag se pap is dalk meer wind as byt. Maar gee my enige dag hawermout, mieliepap of Pronutro.

Dit bly steeds bobaas.

Yuri

(Hoe is dié vir 'n brekfisbrief? Webvoet)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top