Bokomo-brekfisbrief; 24/09/09; Gister, vandag en mÔre is alles dieselfde, oester

  • 0

Saam met jou kan ek ook op die "bandwagon" klim en halleluja liedjies sing oor wat my volk - die Afrikaners - in die verlede vermag het teen die natuur en menslike oormagte.

Maar wil ek?

Ook kan ek al die onkunde en dwaashede van die Afrikaner uitwys.

Maar wil ek?

Feit is die Afrikaner (en so ook alle ander mense) is die produk van hulle verlede en hede. Wat die Afrikaner vandag doen is die gevolg van hulle volkservaring en kondisionering as ‘n volk. Dit bly ‘n dinamiese aspek, maar baie daarvan is vasgevang in ou en uitgediende gedagterigtings. Daar
is verandering. Die Afrikaner van die stad (is ek trots om te sê) is nou wel nie noodwendig jou ideaal van ‘n man wat met hande werk nie, maar is iemand wat op ander vlakke die Afrikaner verteenwoordig. Alhoewel ek ‘ man van pen-en-papier is, is die res van my familie se manne die soort waarna jy verwys; voorarms en eelte op die hande. Daar is plek vir beide soorte en ook alles tussenin.

Maar die probleem met die Afrikaner vandag is nie net sy verlede (goed of sleg nie), maar hoe sommiges volhard met uitgediende idees. Na swartmense word nog steeds met afkeuring verwys en word baie swartmense deur Afrikaners nog soos gemors behandel.

Daarteen sal ek altyd uitpraat!

Wat die regering van die dag se optredes betref en misdaad is daar genoeg berigte in die koerante en elders. Welke inligting of opinie moet ek byvoeg as die goed my nie raak nie? Hoekom moet ek hier meld wat ek wel doen as ek swart mense aanspreek oor waar ek verskil van hulle? Om my eie
beuel te blaas? Moet ek ook meld hoe ek swartmense hard aanspreek en nog tot vandag toe nog nooit uitgekryt is as rassis nie?

Wat Afrikaners so gerieflikheidshalwe vergeet is hoe akkommoderend die meeste swartmense is. In die Nuwe Suid-Afrika (ja met al sy foute en ander tekortkominge wat maar die gevolg van die verlede en die hede se dinge is) leef selfs die Afrikaner beter as in sy vorige bevoordeelde lewe. Menig
maal swaai jy (oester) die Tswanas lof toe en met goeie rede ook.

Die klippe kan maar uitkryt wat hulle wil, maar ek doen soos ‘n Amos van ouds en dit het goed met hom en sy volk gegaan.

Zhi

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top