Soos gesê, Hans is nie sag op die vrouens in sy lewe nie. Sy kinders moes van kleins af leer om hard te werk, en as ek hulle vandag beskou dan dink ek tog dat Hans tog 'n punt beet het. Die ergste wat hul oorgekom het was eelte op hul hanne. Anders as die poefters wat mens deesdae teëkom het hulle ten minste respek vir dit wat lank voor hulle hier was.
Hans is my tipe van mens, want hy sit nie en wag vir die staat of iemand se jammerkry of aalmoese om homself te verbeter nie. As die pap dun is en Piet sit in die kaggel dan moet hy basies net nog harder werk. En laat werk, bygesê. So 'n jaar of drie gelede het sy opvoeding homself bewys: Seuntjie (regtig, dis wat mense Hans se jongste noem) was in beheer van die "Bell" iewers daar in Knysna se bosse toe 'n brand uitbreek. Maar Seuntjie het nie die "Bell" agtergelos en gehol van die vuur af nie. Hy vertel ons baie later dat hy nie kon toelaat dat daardie dure masjien uitbrand nie, so hy het toe basies gedog hy sal maar probeer om te red wat te redde is.
En so is hy met daardie "Bell" deur wat ander mense met die Vagevuur vergelyk het. Hy het lank in die hospitaal spandeer weens erge brandwonde. Die "Bell"? Veilig.
Ons het al lang tye in die veld gesit en saamdink en redekawel oor dinge. Of so onder die Bloekoms die vreemde spulletjie in hierdie land probeer uitpluis.
Ek wonder oor die outjies wat gedurig voorskrywe en voorgee dat hulle die kampioene van moraliteit is. Ek wonder oor die manne met die pap handdrukke en messe agter die rug. Ek wonder oor die manne in die blink raadsale met hul lang teorieë en gekerm. Ek wonder oor die poefters wat so gedurig kerm en dreig en dik boeke vol aanwysings skrywe:
Is dit nie tyd dat julle 'n slag die veld in stap en net onder 'n boom loop sit en kyk nie? Die mier vra nie vir regte nie, maar is besig met sy werk. Die voëls sit nie en sing vir handveste nie maar is besig om kos te soek.
Ek bekyk vir Hans so: Hy het as 'n arm bruinman grootgeword maar het nie loop sit en kerm of loop moor of steel of dans of betoog omdat hy benadeel is nie. Hy het gewys dat hy wil en kan werk. En so met sy harde werk het hy vir homself lewensreg op 'n vrugbare stuk grond losgewerk. En op daardie stuk grond het hy nie loop sit en wag vir mentors of die staat of een of ander ladieda kwasi-geleerde nie. Hy het nie die huis se dakplate afgehaal om 'n shack mee te bou nie. Hy het die stukkende plate vervang en die mure afgewit. Hy het met sy hanne vir homself 'n kragopwekker losgewerk en nie loop betoog vir Eishkom verniet krag nie.
Hy het sy lande bewerk met 'n afgeleefde perd en later 'n muil gekoop sonder staats- of bedelhulp. Nou het hy al 'n trekker en sommer 'n ploeg en nog wat. Hy het lank gespaar vir sy eerste tweedehandse Stihl en nou sit hy met vele splinternuwes. Hy het nie die rivier as 'n pis- en badplek gebruik nie maar die waters ingespan om sy lande mee nat te maak. Hy het nog nooit swarigheid en armoede as 'n rede vir bejammering gesien nie maar eerder as net nog 'n berg om uit te klim en te verower. Hy het homself uit onderdrukking uitpresteer.
Ek vergelyk iemand soos Hans, sonder enige geleerdheid met basies alles wat teen hom tel, met die blinkste klipgooier en groot digter en filosoof en vetgevrete blinkgesig politikus met sy pap handdrukkie wat kamma so "struggle" en ek staan verstom. Vir my is daar nie eens amper 'n vergelyking nie, want die blinkste Jammergat wat vanuit sy luukse vir ander wil voorskrywe het beslis een of ander duistere agenda, al is dit dan nou die verskyning van net nog 'n boekie of bundeltjie.
Ek verkies iemand soos Hans wat homself vry werk uit sy omstandighede. Iemand wat nie groot woorde en lang sinne praat nie. Iemand wat nie met dwaaloe jou gesig vermy nie. Iemand met harde hande wat, lank nadat die sukkelaars (lees Strugglers) en kwasi-filosowe hul "wonde" ten toon gestel het en blinkryk word ten koste van die armes en onderdruktes wonder waaroor die gedurige gekerm dan nou eintlik was en omdraai om die koeie te loop melk.
Ek vir een het 'n intense wrewel in hierdie nuwe mode om gedurig almal en alles rondom jou vir jou eie slegtigheid te blameer of om gedurig ander se bleddie luiheid op jouself te neem. Vir hoe lank moet die gedurige polities korrekte geteem en gekerm nog ernstig opgeneem word? Tot ons almal ewe arm is en die Chinese uitbuiter koloniste met ope arms verwelkom soos Mugabe deesdae moet doen bloot om sy paleis van krag te voorsien? Waar is ons trots heen dat ons onsself gereduseer het tot bedelaars en kermers vir aalmoese? Of is dit beter om te sit en wag vir die skrywers en ladiedas se bejammering en instop as om self jou hande uit te steek? Om mense jammer te kry is basies om hom as minderwaardig te beskou. Maar die deursnee kwasi-geleerde se neuse is so diep in hul teorieë vasgevang dat hulle nie eens meer in staat is om te wonder oor die smet wat uit hul monde kom nie.
Maar let bietje op na diegene wat so met lang gesange en tranerige ogies voorskrywe en kreun en kerm: Hulle sit of in die buiteland lekker knus of in die mooiste designer veilige woonbuurt met hul bediendes en tuinjongens en bespreekte kaartjies in die kluis. Let op na die mure rondom hul huisies en vra die basiese vraag: Wie de hel is jy om vir my te kom voorskryf? Jy wat jouself nie eens kan handhaaf sonder om blinkoog voor siek politici of te kruip nie. Die dag wat julle jul rykdom verkoop en ALLES aan die armes uitdeel, daardie dag sal ek my eerste sent gee.
As iemand nie self uit sy omstandighede kon kom nie sal jy vir geslagte hom nie kan reghelp nie. Laat hy agterbly, want jy gaan basies net jouself tekort doen op die lang duur. Malema en duisende soos hy het dit lank terug al agtergekom. Ek verstaan steeds nie hoe iemand kan uitwerk hoe 'n draadloos werk maar nie weet om nie op sy eie stoep te sit en kak nie. Of om nie die stroompie langs jou huis met jou eie stront te vervuil nie. Ek meen, moet dit ook vir jou verduidelik word? Hoe moeilik is dit dan om 'n eenvoudige ding soos 'n gat diep genoeg te grawe of is dit eenvoudig te harde werk?
Soos Buzz mos destyds beduie het: "This is not flying, this is falling with style".
oester


