Ek sit weer so bietjie en dink nou die dag en wonner of iemand al ‘n parlement saamgestel het oor die LitNetters en die persone waaroor geskryf word. Indien wel, hier is my verkorte weergawe.
President. Julius Malema. Hy vattie nonsens van Britte of die hele wye wêreld nie.
Minister van Publieke Werke met die klem op riolering ens. Francois Williams. Hy het eerstehandse kennis oor die onderwerp, praat dit gereeld.
Minister van Bevolkingsaanwas. Afrikaan.
Minister van Polieste. Oester.
Minister van Verdediging. Perdebytjie. Sal darem die angel in die weermag terugsit.
Minister van Godsdiens . Angus of Thomas Glo of nie glo, dis nie die vraag nie.
Minister van Kommunikasie. Niel Kroese. Praat net as dit moet.
Minister van Buitelandse Sake. GiGi . Sy het bates wat enige land begeer en sal bevorder.
Minister van Binnelandse Sake. Yuri. Waar is die man? Leef hy nog of is hy te skaam om iets oor sy tjomme te skryf?
Minister van Landbou. Angus Buchan. Eerste boer wat skatryk word sonder om ‘n trekker op die land te sit en self daar te wees.
Minister van Strategiese Beplanning. FW de Klerk. Sal die f.. iets aan iemand verkoop en weet dat die ding nie werk nie.
Minister van Samehorigheid. Nico Smit. Zululand is not
Ek is nou moeg gedink. Boeing is in elk geval al laaankal oor.
Reusedwerg


